Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wegspoel
wegspoel [boodskap #145455] Wo, 05 Junie 2024 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19392
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wegspoel
Afbreking: weg•spoel
Samestelling: weg + spoel


Werkwoord: spoel weg, wegspoel
Verlede tyd: het weggespoel

Betekenis:
• Om saam met 'n vloeistof wat vloei weg te beweeg.

Gebruik:
• Vloedwater spoel sy huis weg, waterstrome op die dag van God se toorn. [Job 20:28]
• 'n Taxibestuurder wat in die rivier gespring het om die lang arm van die gereg te ontwyk is deur die sterk stroom weggespoel.

Sinoniem:
• afspoel
• meevoer
• verspoel
• wegvoer

Antoniem:
• aanspoel

Afgelei:
• wegspoeling

Vertaling:
Engels: to wash away, flush away
Nederlands: wegspoelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontwyk
Volgende onderwerp: inroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 02:04:39 MGT 2024