Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » berou
berou [boodskap #145446] Ma, 03 Junie 2024 19:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19392
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
berou
Afbreking: be•rou
Samestelling: be- + rou


Werkwoord: berou
Verlede tyd: het berou

Betekenis:
• Om spyt/ jammer te voel oor iets wat jy verkeerd gedoen het.

Gebruik:
• Die Here gesien dat die mens boos is, en Hy het berou dat Hy die mens gemaak het.

Vertaling:
Engels: to regret, grieve at, repent
Nederlands: berouwen


Selfstandige naamwoord: berou
Meervoud:

Betekenis:
• Spyt oor 'n verkeerde daad of iets wat 'n mens versuim het.

Gebruik:
• En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. [Lukas 17:3]

Spreekwoord:
Berou kom altyd te laat. [Mense is altyd ná die tyd spyt wanneer dit te laat is.]
• Haastig trou bring gou berou. [Leer jou lewensmaat goed ken voordat julle trou.]

Sinoniem:
• droefheid
• leedwese
• skuldbesef
• smart
• sondebesef
• spyt
• jammerte
• wroeging

Hiponiem:
• galberou
• galgberou
• naberou
• sterfbedberou

Afgelei:
• berouhebbend
• berouvol

Vertaling:
Engels: remorse, repentance, contrition
Nederlands: berouw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wyte
Volgende onderwerp: Westers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 01:47:26 MGT 2024