Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bestem
bestem [boodskap #145358] So, 26 Mei 2024 09:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19483
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bestem
Afbreking: be•stem
Samestelling: be- + stem


Werkwoord: bestem
Verlede tyd: het bestem

Betekenis:
• Om vir 'n bepaalde doel of funksie aan te wys.

Gebruik:
• Hy was van jongs af bestem om 'n wêreldklas rugbyspeler te wees.

Sinoniem:
• aanwys
• bedoel
• bepaal
• uitverkies
• voorbeskik
• voorbestem

Afgelei:
• bestemde
• bestemming

Vertaling:
Engels: to destine, set apart
Nederlands: bestemmen


Byvoeglike naamwoord: bestem, bestemd
Attributief: bestemde

Betekenis:
• Wat vir 'n bepaalde doel of funksie aangewys is.

Gebruik:
• Hulle het die ark van die Here ingebring en dit op sy bestemde plek neergesit. [2 Samuel 6:17]

Sinoniem:
• aangewys
• gereserveer

Antoniem:
• onbestem

Vertaling:
Engels: destined
Nederlands: bestemd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grafkelder
Volgende onderwerp: farao
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 08:28:22 MGT 2024