koelboks [boodskap #145163] |
Sa, 04 Mei 2024 18:04 |
![](/images/custom_avatars/4607.png) |
Leksikograaf
Boodskappe: 19422 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Koelboks.
koelboks
Afbreking: koel•boks
Samestelling: koel + boks
Selfstandige naamwoord: koelboks
Meervoud: koelbokse
Verkleinwoord: koelboksie
Meervoud van verkleining: koelboksies
Betekenis:
• 'n Draagbare boks wat termies geïsoleer is om bederfbare produkte koud te hou.
Gebruik:
• 'n Koelboks wat volgepak is, bly langer koud as een wat halfvol is.
Sinoniem:
• koelhouer
Vertaling:
Engels: cooler, cool box
Nederlands: koelbox, koeler
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|