Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanvul
aanvul [boodskap #145111] Wo, 24 April 2024 13:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvul
Afbreking: aan•vul
Samestelling: aan + vul


Werkwoord: vul aan, aanvul
Verlede tyd: het aangevul
Teenwoordige deelwoord: aanvullende
Verlede deelwoord: aangevulde

Betekenis:
• Om dit wat ontbreek by te voeg.
• Om vol of volledig te maak.

Gebruik:
• Hy werk oortyd om sy inkomste aan te vul.
• Haar skoene het haar uitrusting pragtig aangevul.

Sinoniem:
• aanlas
• aanstyf
• byvoeg
• bywerk
• komplementeer
• opvul
• toevoeg
• uitbrei
• uitdy
• vergroot
• vermeerder

Afgelei:
• aanvullend
• aanvuller
• aanvulling
• aanvulsel

Vertaling:
Engels: to replenish; to supplement, augment
Nederlands: aanvullen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanvulling
Volgende onderwerp: oortyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 10:45:00 MGT 2024