Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aansien
aansien [boodskap #144963] Sa, 06 April 2024 07:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aansien
Afbreking: aan•sien
Samestelling: aan + sien


Selfstandige naamwoord: aansien
Meervoud:

Betekenis:
• Iemand se reputasie, sosiale status of posisie in die samelewing.
• Hoe iets of iemand deur ander gesien word.

Gebruik:
• Moenie dat al die aansien na jou kop toe gaan nie.
• Sy is nie net mooi van binne nie, maar ook mooi van aansien.

Spreekwoord:
• Iemand van aansien wees. [Iemand wat hoë agting geniet.]
Aansien doen gedenk. [Wanneer jy iets of iemand sien, herinner dit jou aan iets anders.]
• Sonder aansien des persoons. [Sonder om onderskeid te maak op grond van mense se stand, besittings, vermoëns of wat ook al.]

Sinoniem:
• agting
• belangrikheid
• eer
• faam
• gewildheid
• invloed
• prestige
• rang
• respek
• status
• vernaamheid

Vertaling:
Engels: prestige, respect; appearance, compiexion
Nederlands: aanzien


Werkwoord: sien aan, aansien
Verlede tyd: het aangesien

Betekenis:
• Om op 'n seker manier na iets of iemand te kyk.

Gebruik:
• Vir wat sien jy my aan?
• In die donker het hy haar vir sy skelmpie aangesien.

Spreekwoord:
• Jy sal jou ma vir 'n eendvoël aansien. [In die moeilikheid beland; aangenaam verras word.]

Afgelei:
• aansienlik
• aansiensoeker

Vertaling:
Engels: to view as, take for, regard as
Nederlands: aanzien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: strydig
Volgende onderwerp: ryloper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 21:54:32 MGT 2024