Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hormoon
hormoon [boodskap #144917] So, 31 Maart 2024 15:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hormoon
Afbreking: hor•moon


Selfstandige naamwoord: hormoon
Meervoud: hormone
Verkleinwoord: hormoontjie
Meervoud van verkleining: hormoontjies

Betekenis:
• Chemiese prikkelstof wat deur endokriene kliere in die bloedstroom afgeskei word om 'n liggaamlike aktiwiteit te inisieer of te inhibeer.

Gebruik:
Hormone word deur die bloed na teikenorgane vervoer en reguleer prosesse soos spysvertering, asemhaling, slaap, stres, groei, beweging, buie, ens.

Hiponiem:
• adrenotroophormoon
• bynierhormoon
• geslagshormoon
• groeihormoon
• hongerhormoon
• streshormoon
• tiroïedhormoon

Afgelei:
• hormoonafskeiding
• hormoonbehandeling
• hormoonbespuiting
• hormoonhonger
• hormoononkruiddoder
• hormoonpreparaat
• hormoonspuitmiddel
• hormoonterapie
• hormoonvlak

Verwant:
• hormonaal
• hormonologie

Vertaling:
Engels: hormone
Nederlands: hormoon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kankersel
Volgende onderwerp: onbedoeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 03:57:57 MGT 2024