Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sensor
sensor [boodskap #144868] Ma, 25 Maart 2024 19:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sensor
Afbreking: sen•sor


Selfstandige naamwoord: sensor
Meervoud: sensors
Verkleinwoord: sensortjie
Meervoud van verkleining: sensortjies

Betekenis:
• Toestel wat op veranderende omstandighede reageer.
• (histories) Amptenaar verantwoordelik vir die sensus en openbare moraal.

Gebruik:
• Die missiel het 'n hittesoekende sensor.
• Die sensor se mag was absoluut en sy besluite kon slegs deur 'n sensor wat hom opvolg gekanselleer word.

Sinoniem:
• aanwyser
• detektor
• reseptor
• verklikker
• voeler

Hiponiem:
• beeldsensor
• bewegingsensor
• druksensor
• ligsensor
• parkeersensor

Afgelei:
• sensories
• sensorkop
• sensorskap

Vertaling:
Engels: sensor
Nederlands: sensor


Werkwoord: sensor
Verlede tyd: het gesensor

Betekenis:
• Om sensuur toe te pas; gevaarlike inligting te modereer en te beperk.

Gebruik:
• Die sensuurraad het die uitdagende rolprent gesensor.

Wisselvorm:
• sensoreer

Sinoniem:
• belet
• beperk
• muilband

Vertaling:
Engels: to censor
Nederlands: censureren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hooflig
Volgende onderwerp: traak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 11:38:04 MGT 2024