Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ja-nee
Ja-nee [boodskap #14473] So, 10 Mei 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: > Een klein vragie: Jy ruil die woord
Afrikaner vryelik uit vir
> Afrikaanssprekende. Is dit dieselfde ding?
>
> Anton
>
> @igs.net wrote in message ...
>>
>> Die gebruik van "ooit" in bostaande sin
>> is vir 'n Afrikaner vreemd, dink ek


Ja-nee (gebruik julle hierdie tipiese Afrikaanse
uitdrukking in Nederlands?), eintlik moes ek seker
Afrikaans-sprekendes gesê het, want daar is baie
mense wat Afrikaans praat, maar wat sekerlik nie
"Afrikaners" genoem wil word nie (meestal omdat daar
'n rassistiese konnotasie aan die woord "Afrikaner"
is, veral nou aan die einde van die twintigste eeu,
toe 'n baie klein persentasie van Afrikaners die
naam van die Afrikaner beswadder het deur die rasse-
diskriminasie wat hulle offisieel wou maak in SA.)

Maar die woord "Afrikaner" is vir my nog snelskrif
vir iemand wie se moedertaal Afrikaans was. Dus
noem ek myself 'n Afrikaner, al is ek al helfte
van my lewe uit SA en praat ek ook al vir 20 jaar
nie meer Afrikaans as huistaal nie.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: WEEK 18/98
Volgende onderwerp: Re: ZUID-AFRIKAANS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 21:05:32 MGT 2024