Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanwensel
aanwensel [boodskap #144718] Ma, 26 Februarie 2024 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18972
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanwensel
Afbreking: aan•wen•sel
Samestelling: aanwen + -sel


Selfstandige naamwoord: aanwensel
Meervoud: aanwensels
Verkleinwoord: aanwenseltjie
Meervoud van verkleining: aanwenseltjies

Betekenis:
• 'n Slegte of hinderlike gewoonte wat iemand aangeleer/aangewen het.

Gebruik:
• Om elke sin met "nè" af te sluit is 'n irriterende aanwensel.

Wisselvorm:
• aanwendsel (informeel)

Sinoniem:
• eienaardigheid
• gemaniëreerdheid
• hebbelikheid

Vertaling:
Engels: mannerism, bad habit
Nederlands: aanwensel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doodsberig
Volgende onderwerp: aftreksel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 18:30:07 MGT 2024