Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gelykstel
gelykstel [boodskap #144673] So, 18 Februarie 2024 17:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18859
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gelykstel
Afbreking: ge•lyk•stel
Samestelling: gelyk + stel


Werkwoord: stel gelyk, gelykstel
Verlede tyd: het gelykgestel

Betekenis:
• Om te vergelyk en eenders/dieselfde te vind.
• Om gelyk te maak; dieselfde waardes toeken.

Gebruik:
• Met wie kan julle My vergelyk, aan wie kan julle My gelykstel? [Jesaja 46:5]
• Tollenaars is uit die Joodse gemeenskap uitgesluit en met sondaars en heidene gelykgestel.

Sinoniem:
• egaliseer
• gelykmaak
• vergelyk

Afgelei:
• gelyksteller
• gelykstelling

Vertaling:
Engels: to equate
Nederlands: gelijkstellen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: taalgebruiker
Volgende onderwerp: ingooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:39:09 MGT 2024