Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WEEK 18/98
WEEK 18/98 [boodskap #14466] So, 10 Mei 1998 00:00
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
e-KRANT
son. 09/05/98
hierdie koerant bevat bydraes deur intekenaars op soc.culture.south-africa.afrikaans ; deur lede vir lede
geen direkte bydraes sal aanvaar word nie, so sny en plak dele om daarop te reageer in die nuusgroep
Dit word slegs aan lede van hiedie nuusgroep gestuur


------------------------------------------------------------ ----------------
VOORBLAD HIERDIE WEEK

Ek dink dit was Hermann Gilliomee wat aan die begin van die jaar voorspel het dat Louis Luyt die onwaarskynlike held van die jaar kan word. Met sy weiering om te bedank as president van SARVU is daardie voorspelling bewaarheid. Leendert van Oostrum


------------------------------------------------------------ ----------------


NET-ETIKET EN WENKE

Laai WINAMP (.mp3 speler) gratis vanaf TUCOWS by www.tucows.com . Krap tussen die multimedia applications totdat jy dit kry. Dis beter kwaliteit as RealPlayer. Anton (Nieu Zeeland)

Ek merk soms dat ek sommige ouens se pos net sien as iemand daarop reageer, en ek is seker dit gebeur met julle ook. 'n Alternatiewe manier om dit te kontrolleer, is om na http://www.dejanews.com te gaan, en gratis in te teken deur 'My Dejanews' te kliek. Vandaar kan 'n ou kyk wat op enige nuusgroep geplaas is. (Henri Burger)

Leendert, die gawe kubervriend, vertel my van die argiewe op die Net waar boodskappe gekry kan word. Dis nou na aanleiding van my onvermoë om terugvoering te "sien" op die NG. Ek vind toe uit dat daar ook nie 'n volledige lys van plasings is nie, maar ontdek tog wel daar 'n klomp plasings wat nie op my rekenaar verskyn as die NG nuus afgelaai word nie. Is daar tussen almal 'n geduldige persoon wat vir ons die hele aangeleentheid mooi kan verduidelik Griet

Mens kan ook openbare nuusbedieners gebruik om in te teken op nuusgroepe. Go Tools> Accounts >Add>News. Hou alles dieselfde, maar verander die server na een van die hieronder. Dit kan deur enige iemand gebruik word. Wat gebeur, is dat jy nou twee news servers het, en wat jy nie op die een kry nie, sal jy wel op die ander kry. Ek weet nie van die ander nie, maar die univ. van stuttgart s'n dra hierdie NG. (Kobus)

Public Access News Servers (Uit Internet @ccess Africa)
news.uidaho.edu
news.uni-stuttgart.de
newshost.uwo.ca
usenet.seri.re.kr
voyager.iii.org.tw
Demonews.mindspring.com
news.savis.com
stallion.mikuni.com
no2.i-way.net
news.doha.net
news.nesbittburns.ca


------------------------------------------------------------ ----------------

BRIEWE KOLOM

Persone wat die grondwerk gedoen het vir hierdie nuusgroep was Robert Wagenaar van Leiden Universiteit in Nederland, At de Lange en Inus Scheepers van Stellenbosch. Gloudina Bouwer (Canada) en Leendert van Oostrum

Hoe maak mens 'n foto oop? Johann Kotze
Dubbel kliek op die foto en dit sal self in "paint" oop maak. As jy ander programme gebruik, soos "COREL DRAW, PHOTO HOUSE," ens sal dit in die program wat "Windows" as die "default" opgestel het gebruik om die foto oop te maak. CPS
Save dit maar net na jou hardeskyf toe en maak dit oop met jou browser. Gideon
Nog 'n baie goeie pakket om te gebruik is Lview - kry hom by Tucows dan hoef 'n mens nie .JPG 's met 'n browser oop te maak nie. Johan N Potgieter

Is hier enige iemand op die NG wat Free Agent gebruik vir nuusgroepe lees en wat my effe raad kan gee? Ek wil graag weet hoe ek die lys ou plsings kan minder maak, dit lyk of hy net al hoe langer en langer word. Johan N Potgieter
Group, Properties, What to purge, When to purge. Verander die stellings soos dit jou pas. Daffodil

Ek soek hulp met die ontwikkeling van die webwerf http://Afrikaans.co.za Enige idees van wat op die werf behoort te wees of nie daar moet wees nie is welkom. Indien daar iemand met kennis van MIVA is wat sou belangstel om te help met die werf se ontwikkeling . Herman Steyn
Herman, ek sou jou aanmoedig om die Knoop netso te inkorporeer. Ek dink die Knoop het al soort van 'n standaard Afrikaanse "hub" geword. Wat is MIVA? Johan N Potgieter (Minnesota)

Is het iemand opgevallen dat zuid-afrikaans heel veel op het nederlands lijkt? Dat komt omdat er vroeger Nederlanders woonden. Michiel Rombouts (NDL)
De taal heet "Afrikaans". Hilda (België)

Ik volg deze nieuwsgroep als meer dan een jaar en af en toe plaats ik ook wel een berichtje of beantwoord ik een vraag. Omdat ik nooit afrikaans heb geleerd, doe ik dat in het nederlands. Ik heb nog nooit problemen ondervonden. Ik heb ooit ook wel geprobeert om afrikaans te schrijven, maar
dat werd een fiasco. Afrikaans lijkt verschrikkelijk veel op het nederlands, maar het verschilt toch ook op heel wezenlijke punten.

Blijf deze groep volgen en draag af en toe iets bij aan de discussies; het biedt je een andere blik op je eigen taal (soms zie je worden die je alleen nog in oude boeken tegen komt) en er hangen hier heel wat sympathieke mensen rond. Arthur (NDL)

Wat jy hier noem, raak een van die kernpunte van Darwin se teorie aan, naamlik dat geografiese skeiding 'n stimulus is vir evolusionêre verandering, net op 'n ander vlak. Wil jy nie vir ons van hierdie 'ou' woorde uitwys, dat die oningeligtes, soos ek, 'n idee kan kry van wat julle nie meer in Nederlands gebruik nie. Henri Burger

Een het vir my gesê ons klink kinderagtig (halfpad ook na kinderlik toe). Ek wil nou amper sê "babataal". Ek is baie nuuskierig om te weet wat julle betekenis is vir die woord Sympathieke. Is dit iemand wat dieselfde dink? In Afrikaans beteken dit iemand wat om medelye te hê met iemand. Johan N Potgieter

Afikaners het dieselde predikament met Nederlands en Vlaams. Hulle kan dit redelik goed verstaan en goed lees, maar kan dit nie praat of skryf nie, want hulle het nooit die grammatika in die skool geleer nie, alhoewel hulle in die ou dae Nederlandse en Vlaamse voorgeskrewe boeke in die sekondere skole gelees het. Buitendien het Afrikaners die Bybel nog tot 1933 (?) in Nederlands gelees en die Psalms en Gesange is eers in die laat veertigerjare vertaal en uitgegee. Gloudina Bouwer

Jy ruil die woord Afrikaner vryelik uit vir Afrikaanssprekende. Is dit dieselfde ding? Anton

Ek is op soek na Afrikaans sprekende vriende oorsee. Miskien het jy onlangs of lankal terug geemigreer; vertel my tog meer van die lewe oorsee? Ekself is woonagtig in Port Elizabeth/Suid-Afrika & wil graag met enige een korrespondeer. Hein van Wyk

Hein, hier is 'n hele paar van ons wat hier rondhang. Jy moet maar uitkyk vir ons plasings. Miskien kan ons almal op die NG vra om net 'n vinnige antwoord hierop te gee en te se waar hulle woon en wat hulle doen. Ek bly in die staat Minnesota in die VSA en lei rekenaarprogrammeerders op. Dan sal dit dalk interesant wees as jy ons so nou en dan spesifieke vrae vra, dinge wat jy oor wonder en dan kan ons elkeen vertel van hoe die aspek hier by ons werk. Op so 'n manier kan ons almal ons kennis van die aardbol verbeter en dalk so bietjie die politiek opsy skuif vir 'n wyle! Johan N Potgieter

In die sewentigs het ons na flieks gekyk waarin Ge Korsten gespeel het; een was "Hoor my lied" as ek reg onthou. Nou wonder ek of daar nie iewers is waar mens die flieks op video kan koop nie. Sal lekker wees om weer die ou goete te sien. Enige CD winkel in SA wat Afrikaanse musiek verkoop op die internet? Danie

Ek is soek na mense wat daarin belangstel om 'n geselsie te begin insake die letterkunde. Miskien die uitruil van gedagtes oor boeke en dalk soms aanbevelings? Is daar dalk iewers op die net 'n naslaansentrum wat die soort inligting beskikbaar kan stel. Rassie

Daar is ook 'n woord in Swede " läcker " < lekkerny > . HWM (Finland)


------------------------------------------------------------ ----------------

TAAL KWESSIES

Ek het www.afrikaans.com , 'n waardevolle site in en oor afrikaans ontdek. Een aantal positieve artikelen die ik las: over M-NET, dat commercieel is, maar toch een behoorlijke ruimte reserveert voor Afrikaans, zelfs meer dan in het verleden, en dat geld steekt in allerhande Afrikaanstalige activiteiten, dat Afrikaanstalige radio beter beluistert wordt dan een aantal jaren terug, dat die Burger meer dan twee keer zoveel koeranten verkoopt in de Oost-Kaap dan twee jaar geleden, dat er binnenkort een nieuw commercieel satelliet-tv kanaal komt dan zuiver in het Afrikaans uitzendt.

'n Sitaat van Herman Binge, een afrikaanstalige televisieprodusent: 'Wees positief. Doen iets vir Afrikaans deur die taal op verskeie gebiede te ondersteun. Moenie net boos en daadloos bly sit nie.' Robert (Nederland)

Alles kan terug gevoer word na 'n miskenning van Afrikaans. Baie val terug op media wat hul taal praat, dus Afrikaanse radio , Afrikaanse koerante, ens. Wat MNet betref, is 'n beduidende deel van die betaalkanaal se intekenaars Afrikaanssprekend. Sover my kennis strek is die beoogde Afrikaanse satellietkanaal van die baan. Henri Burger

Ek is seker dat meer Afrikaanse kuns uitgevoer word, en meer mense afrikaanse uit/opvoerings besoek rondom die KKNK as wat ooit die geval was met die ou "rade vir uitvoerende kunste" Leendert van Oostrum

Je kunt van de nood een deugd maken. Als Afrikaanse staatstelevisie kan vervang word deur
Afrikaanse kommersiele televisie dan het die situasie net verbeter. Afrikaans kan sy eie, belangrike posisie in die nuwe Suid-Afrika kry, maar dan moe jy nie op jou gat sit nie. Wanneer jy 'n veldslag verlies het, het jy nie die oorlog verlies nie. Robert

Op kunste gebied is daar op die Afrikaanse front 'n opbloei, wat die beste weerspieël word deur die sukses van die Klein Karroo Kunstefees. Baie van die kunstenaars wat daar optree, word genooi om op ander plekke te gaan optree. So, in wese is dit wat jy bepleit al reeds besig om te gebeur. Alternatiewe Afrikaanse gemeenskap radiostasies is goed gevestig. Ek voorsien dat MNet toenemend die draer van Afrikaans op televisie sal word. Die een probleem tans is dat Afrikaanse televisie produksies aansienlik duurder is, as wat vanaf Amerika aangekoop kan word, en die pad van die
minste weerstand word meestal gevolg. Wat is die situasie in Nederland? Henri Burger

Ook in Nederland is de invloed van het Engels groot. In het bijzonder in Amsterdam, wanneer jy als buitenlander in Amsterdam rondloopt zou jy denken dat Engels 'n offisiele taal in Nederland is. Er zijn ook op televisie veel Amerikaanse series en in die cinema is dit byna net Amerikaanse flieks wat vertoon word.

Maar... die liberalisering van die media, wat in die laatste jare in Nedeland plaatsgevind had, het die Nederlandstalige cultuur enorm bevorderd. Tien jaar geleden was er alleen maar staatstelevisie in Nederland, nu is daar meer as 10 commersiele stations en die stations het 'n ding ontdek: dis
kommersieel seer aantreklik om Nederlandse programma's te maak, kommersieel aantrekliker dan om buitenlandse produksies aan te koop.

De maatschappelijke elite vindt Engels vaak self aantreklik, en daarom het hulle tientallen jaren die staatsmedia gedomineer, maar nu nie die dominee nie maar die koopman die televisie besit het men ontdek dat die gewone mens altyd vir 'n Nederlandse produksie kies, als hy die keus het tussen 'n
Amerikaanse en 'n Nederlandse produksie. Dus het kommersiele stations byna net Nederlandse produksies in 'prime time'.

Hetzelfde is waar voor de Nederlandstalige muziek, vorige jaar is er voor een record van meer dan 2 miljard gulden (meer dan 4 miljard rand) aan Nederlandstalige musiek verkocht, Marco Borsata verkocht bijvoorbeeld 500.000 exemplaren van zijn CD die Waarheid in net twee weken. En dat is
allemaal toe te schrijven aan de commersiele radiostations die veel meer Nederlandse musiek aanbied dan vroeer die staatsradio het gedoen. Robert

Hier in Vlaanderen zingen wij volgend Afrikaans studentenlied vaak, (een vernederlandste versie). Is het bekend in Zuid-Afrika en door wie wordt het gezongen? Elke Abbeloos

Die boer die zwoer hem blou
hij zou die kat doodschiet
Hij had zijn hoos gelaan
met kruit en dynamiet
Hij lei dei kat hem voor
de weg die hij moest kom
En de volgende morgen velletjes en beentjes

Maar die kat kwam weer
die kon ni langer wach
die kat kwam weer
die volgende dag
die kat kwam weer
geloof me t is waar
de volgende dag was die kat weer daar

De boer die zet die kat
toen op een goog gebou
en gooi hem naar beneen
met een flinke dou
de man diem op em krijg
wor plat gelijk een vijg
Twaalf vaderloze kindetjes...

Toen het die boer die kat
in 1000 stukjes gekapt
en steekt dan ieder stuk apartjes in een zak
hij stampte de boel goed aan en
denkt het is gedaan
maar telkens hij slaapt
droomt hij altijd maar van...

'n Bekende Afrikaanse volksliedjie: "Die Kat kom weer."

Ou Jan Wilson had 'n kat wat die ou nie wou verlaat;
Hy't alles geprobeer om die kat daar weg te keer;
selfs na die predikant om raad van hom te kry.
Die predikant die het gesê: "Die kat moet daar bly."

Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer, net die volgende dag,
die kat kom weer - o glo vir my dis waar -
die anderdag môre was die kat weer daar.

Hulle sit hom op 'n skip en hul stuur hom na Ceylon.
Die skip die was gelaai met 'n twaalfduisend ton.
Nie ver nie van die land, daar het die skip gesink;
en al die matrose op die skip het verdrink.

Maar die kat... Henri Burger


------------------------------------------------------------ ----------------


TAALKUNDE

In het nederlands zou "positieve instelling" mogelijk een betere vertaling zijn van "positive attitude". Ik neem aan dat het afrikaans ook een vergelijkbaar woord kent. Arthur Hagen (NDL)

POSITIEWE INSTELLING is beter! of dalk Ingesteldheid? Johan N Potgieter
Ingesteldheid Hannes Cilliers
Wel, ek dink daar is iets in algemene omloop wat mooi op die tong en die oor val - "positiewe gesindheid" doen die ding vir my. Gideon-

Voor mij wijst "gezindheid" meer op een houding die je naar buiten projecteerd (iemand goed gezind ZIJN), terwijl het engelse "attitude" meer op iets wijst dat "in" je zit (een goede instelling HEBBEN).
Even los daarvan; het nederlands kent de term "gezinte", een term om groepen mensen met verschillende religieuze overtuigingen te omschrijven (engels "denomination"). Alles wat met de termen gezinte en gezindheid komt op mij (gevoelsmatig) nogal ouderwets over; het zijn geen termen die je dagelijks hoort. Arthur

Die verwantskap tussen "gezinte en gezintheid" sou vir ons vreemd wees in Afrikaans aangesien ons nie woord "gezinte" enigsins gebruik nie. Ons gebruik die woord "gemeente" om 'n plaaslike religieuse groep te beskryf en dan ook "denominasie" vir 'n nasionale of Internationale religieuse groep. Ek besef dat in Nederland noem julle jul plaaslike owerheid die "gemeente", maar ek sou raai dat die noue band tussen die kerk en die gemeenskap in die vroeë jare hier in Suid-Afrika die betekeinis van "gemeente" omvorm het tot die religieuse konteks waarin dit nou hier staan.

Die naaste wat ek kan dink in woordvorm in Afrikaans aan jul "gezinte", is die term "gesant" of die meervoud "gesante". Dit dui op 'n verteenwoordiger of verteenwoordigers van 'n groep of land. SO byvoorbeeld sou jy sê: "Piet en Sarie was die gesante van die NG gemeente in Amersfoort by die jaarlikse streeksaamtrek" of "Jeanne is die gesant van die Franse Regering by die onderhandelinge".
Vir interessantheid, wat sou die ekwivalent hiervan wees in Nederlands? Gideon

Maar julle verloor almal uit die oog dat as iemand vir julle probeer vertel in 'n oor en weer gesprek in die werklike wereld, dan sal hy nie in Afrikaans met jou praat oor jou "positiewe ingesteldheid" of jou "positiewe instelling" nie, maar vir jou preek om 'n "positiewe houding" te ontwikkel. Miskien is "houding" in Nederlands gereserveer vir "body posture" maar ek dink dis nie dieselfde in Afrikaans nie. Ons Nederlandse woordeboek vertaal "houding" met "attitude." Gloudina

Mijn nederlands-engels woordenboek vertaalt "houding" als "carriage, bearing, attitude, posture". Het vertaalt "instelling" als "attitude" (en natuurlijk als "institution", maar die tel ik even niet mee). Ik heb geen engels-nederlands woordenboek, dus kan ik niet zien hoe dat "attitude" vertaalt. Voor mij blijft de beste vertalling van "positive attitude" "positieve instelling" en niet "positieve houding".

Gelijk maar een reactie op je andere bericht; het nederlands gebruikt de term "houding" volgens mij op dezelfde wijze als het afrikaans. Arthur

Ek kan jou egter verseker dat in Afrikaans die man in die straat van 'n "postiewe houding" sal praat, en die uitdrukking "positiewe instelling" as ietwat boeks en akademies sal beskou. Gloudina

Ook het nederlands gebruikt de term "gezant", meestal gebruikt men echter de term "afgezant". Vraag me niet waarom :) Ik zag in een andere "plasing" van je dat "in die Boland amper elke dam en rivier baie vangplek het, en mooies ook". Dat vind ik nu leuk, want ik heb het vermoeden dat het afrikaanse "amper" zo'n beetje het tegengestelde is van het nederlandse "amper" (=nauwelijks, bijna geen). Arthur

Het die woord "kerk" nie ook hier 'n ekstra betekenis bygekry nie? Bv jy hoor baie keer 'n ou vra: "Aan watter kerk behoort jy?" menende dan, watter denominasie. Johan N Potgieter

In het nederlands kennen wij ook de term "gemeente" in dezelfde (religieuze) betekenis die het afrikaans eraan geeft. De gemeente als plaatselijke overheid (of eigenlijk grondgebied) is de wereldlijke equivalent van "jullie" gemeente. Een (wereldlijke) gemeente kan meerdere (religieuze)
gemeente bevatten: een rooms katholieke gemeente, een gereformeerde gemeente, een hervormde gemeente, een isrealitische gemeente, een moslimgemeente, etc, Arthur


------------------------------------------------------------ ----------------
Vorige onderwerp: Re: Kinder Videos
Volgende onderwerp: Ja-nee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:03:29 MGT 2024