voorbrand [boodskap #144626] |
Ma, 12 Februarie 2024 13:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20121 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorbrand
Afbreking: voor•brand
Samestelling: voor + brand
Selfstandige naamwoord: voorbrand
Meervoud: voorbrande
Betekenis:
• 'n Beheerde brand om te keer dat 'n groter brand uitbrei.
• (figuurlik) 'n Voorsorgmaatreël tref, of vooraf vir iemand opkom.
Gebruik:
• Boere word daaraan herinner om vroegtydig voorbrand teen veldbrande te maak.
• Sal ma asseblief by pa voorbrand maak om ons toe te laat om te gaan visvang?
Sinoniem:
• brandgordel
• brandpad
• brandskerm
• vuurskerm
Afgelei:
• voorbrandmakery
• voorbrandstorie
Vertaling:
Engels: pre-burn, counterfire, fire-break, fire belt
Nederlands: tegenvuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|