Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lewensoriëntering
lewensoriëntering [boodskap #144459] Di, 23 Januarie 2024 13:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewensoriëntering
Afbreking: le•wens•o•ri•ën•te•ring
Samestelling: lewe + -ns + oriëntering


Selfstandige naamwoord: lewensoriëntering
Meervoud:

Betekenis:
• Die ontwikkeling van lewensvaardighede sodat 'n persoon sy regmatige plek in die samelewing kan volstaan.
• Vak waarin leerders lewensvaardighede aanleer (soms in die geïndoktrineerde beeld van 'n regering).

Gebruik:
• In die soeke na lewensoriëntasie en 'n rigtinggewende lewensin, kom 'n mens voor keuses te staan waarvoor dit nie duidelik is watter een beter as 'n ander is nie.
Lewensoriëntering is 'n verpligte vak vir alle leerders in graad 8 tot 12.

Afkorting:
• LO

Vertaling:
Engels: life orientation
Nederlands: levensoriëntatie

Nota:
• Lewensoriëntering word met 'n hoofletter geskryf as daar na die vak (in teenstelling met die konsep) verwys word.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: deursettingsvermoë
Volgende onderwerp: naasbeste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 00:35:23 MGT 2024