Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inklim
inklim [boodskap #144442] So, 21 Januarie 2024 10:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inklim
Afbreking: in•klim
Samestelling: in + klim


Werkwoord: klim in, inklim
Verlede tyd: het ingeklim

Betekenis:
• Om na die binnekant te klim.
• Om te slaan of kwaai aan te spreek.

Gebruik:
• Moenie in vreemde mense se karre inklim nie.
• Die meneer het behoorlik onder die stout kinders ingeklim.

Sinoniem:
• inklouter
• inkruip
• afransel
• bydam
• invaar
• invlieg

Antoniem:
• uitklim

Vertaling:
Engels: to climb in; to take to task
Nederlands: inklimmen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wasgoedmasjien
Volgende onderwerp: tegelykertyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:42:56 MGT 2024