Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ambraal
ambraal [boodskap #144435] Sa, 20 Januarie 2024 17:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ambraal
Afbreking: am•braal


Byvoeglike naamwoord: ambraal
Attributief: ambrale

Betekenis:
• Wat siekerig is.

Gebruik:
• Ek voel vandag 'n bietjie ambraal en sal nie skool toe kan gaan nie.

Sinoniem:
• knieserig
• olik
• ongesond
• ongesteld
• siekerig
• sieklik
• swak

Vertaling:
Engels: sickly
Nederlands: ziekelijk


Selfstandige naamwoord: ambraal
Meervoud: ambraals

Betekenis:
• Iemand wat siekerig is; 'n pasiënt.
• (ongewoon) Iemand wat baie dom foute maak; 'n sukkelaar.
• (argaïes) 'n Kinderspeletjie; ambraalspeletjie.

Gebruik:
• Hoe gaan dit met Ambraal?
• Hy was maar nog altyd 'n ambraal.
• Die kinders speel ambraal.

Vertaling:
Engels: sick person; pauper, poor wretch, poor fellow; children's game
Nederlands: patiënt, kwakkelaar; sukkelaar; kinderspel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spoorvrug
Volgende onderwerp: losraak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:50:10 MGT 2024