Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hans
hans [boodskap #144350] So, 07 Januarie 2024 09:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hans
Afbreking: hans


Byvoeglike naamwoord: hans
Attributief: hans

Betekenis:
• Wat kunsmatig of nie deur eie ma grootgemaak is nie.
• Wat homself laf of verspot te gedra.

Gebruik:
• Hulle maak die bokkie hans groot. 'n Mens kan mos nie 'n hans hoender slag nie.
• Hy hou hom alewig hans!

Sinoniem:
• ouerloos
• kinderagtig
• laf
• verspot

Vertaling:
Engels: orphan, hand-fed; silly
Nederlands: hans


Selfstandige naamwoord: hans
Meervoud: hanse
Verkleinwoord: hansie
Meervoud van verkleining: hansies

Betekenis:
• 'n Mens of dier wat hans opgebring is.
• 'n Manlike persoon wat laf, verspot of voorbarig optree.

Gebruik:
• Jy kan nie glo hoe voorbarig die hans is nie!

Sinoniem:
• wees
• wesie
• weeskind

Hiponiem:
• hansbaba
• hansbok
• hansdier
• hansding
• hanskalf
• hanskind
• hanskuiken
• hanslam
• hansperd
• hansvark
• hansvul
• hanskakie
• hanswors

Afgelei:
• hansie-my-kneg
• skraalhans
• hanskap

Vertaling:
Engels: orphan
Nederlands: hans

Nota:
• Hans (met 'n hoofletter) is 'n manlike naam, meestal afgelei van Johannes, wat beteken "God is genadig".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vergoed
Volgende onderwerp: oudergewoonte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 18:58:54 MGT 2024