Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » integraal
integraal [boodskap #144228] So, 24 Desember 2023 19:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
integraal
Afbreking: in•te•graal


Byvoeglike naamwoord: integraal
Vergrotende trap: integraler
Oortreffende trap: integraalste
Attributief: integrale
Partitief: integraals

Betekenis:
• Wat vir volledigheid nodig is; onlosmaaklik tot die kern/wese van iets hoort.

Gebruik:
• Lees speel 'n integrale rol in ons lewens.

Sinoniem:
• onafskeibaar
• onlosmaaklik
• onskeibaar
• volledig

Vertaling:
Engels: integral
Nederlands: integraal


Selfstandige naamwoord: integraal
Meervoud: integrale

Betekenis:
• (wiskunde) Die limiet van 'n som van dele wat onbepaald afneem in grootte terwyl hulle toeneem in aantal.

Gebruik:
• 'n Integraal kan in die eenvoudigste geval as die area onder 'n grafiek beskou word.

Hiponiem:
• lynintegraal
• tydsintegraal

Afgelei:
• integraalkromme
• integraalrekening
• integraalteken
• integraaltoets

Vertaling:
Engels: integral
Nederlands: integraal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tussentyds
Volgende onderwerp: herenig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:03:30 MGT 2024