Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inlyf
inlyf [boodskap #144125] Sa, 16 Desember 2023 15:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18961
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inlyf
Afbreking: in•lyf
Samestelling: in + lyf


Werkwoord: lyf in, inlyf
Verlede tyd: het ingelyf

Betekenis:
• Om deel te maak; by eie land of groep voeg.

Gebruik:
• Ná die Tweede Wêreldoorlog wou Smuts Suidwes-Afrika by die Unie inlyf.
• Die nuwelinge is ingelyf.

Wisselvorm:
• inlywe

Sinoniem:
• annekseer
• assimileer
• indeel
• inkorporeer
• integreer
• opneem
• verower
• inisieer
• inwy
• ontgroen

Afgelei:
• inlywing

Vertaling:
Engels: to annex, incorporate
Nederlands: inlijven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: keuring
Volgende onderwerp: gebruiklik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 01:14:31 MGT 2024