Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » raamwerk
raamwerk [boodskap #144114] Vr, 15 Desember 2023 20:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raamwerk
Afbreking: raam•werk
Samestelling: raam + werk


Selfstandige naamwoord: raamwerk
Meervoud: raamwerke
Verkleinwoord: raamwerkie
Meervoud van verkleining: raamwerkies

Betekenis:
• Die omhulsel of skelet van 'n voorwerp waaraan ander dele vas is.
• 'n Skematiese plan wat nog verder ingevul moet word.

Gebruik:
• Die Zeppelin was 'n lugskip met 'n raamwerk van aluminium wat met 'n ligte gas gevul was.
• Ek het die raamwerk vir my nuwe boek voltooi, maar nog nie met die skryfwerk begin nie.

Sinoniem:
• bakwerk
• geraamte
• kader
• omhulsel
• steier
• stellasie
• struktuur

Hiponiem:
• begripsraamwerk
• gedragsraamwerk
• navorsingsraamwerk
• sinsraamwerk
• verwysingsraamwerk
• verhoudingsraamwerk

Afgelei:
• raamwerkhuis
• raamwerkmonteur

Vertaling:
Engels: framework
Nederlands: raamwerk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: passer-en-draaier
Volgende onderwerp: snaaksigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 08:43:50 MGT 2024