Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bedeling
bedeling [boodskap #144098] Vr, 15 Desember 2023 08:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bedeling
Afbreking: be•de•ling
Samestelling: bedeel + -ing, bedel + ing


Selfstandige naamwoord: bedeling
Meervoud: bedelinge, bedelings
Verkleinwoord: bedelinkie
Meervoud van verkleining: bedelinkies

Betekenis:
• 'n Reëling, stelsel of administrasie.
• (verouderd) Hulp aan behoeftiges. Die uitdeel van gawes aan die armes.

Gebruik:
• Ná die einde van apartheid en die vestiging van die nuwe politieke bedeling het die dorp 'n deel van die Johannesburgse munisipaliteit geword.

Sinoniem:
• bestel
• indeling
• ordening
• reëling
• situasie
• tydvak
• armesorg
• genadebrood

Afgelei:
• lotsbedeling
• regsbedeling

Vertaling:
Engels: dispensation; distribution
Nederlands: bestel; bedeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: handvaardigheid
Volgende onderwerp: beroepsgerig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 08:16:35 MGT 2024