Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoedanigheid
hoedanigheid [boodskap #143999] So, 26 November 2023 10:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18944
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoedanigheid
Afbreking: hoe•da•nig•heid
Samestelling: hoedanig + -heid


Selfstandige naamwoord: hoedanigheid
Meervoud: hoedanighede

Betekenis:
• Die funksie wat iemand verrig.
• 'n Kenmerk of eienskap.

Gebruik:
• In sy hoedanigheid as voorsitter berus die finale besluit by hom.
• Hulle het gedurig voor my gepraat van Tobija se goeie hoedanighede, en alles wat ek gesê het, aan hom oorgedra. [Nehemia 6:19]

Sinoniem:
• aard
• amp
• eienskap
• funksie
• kapasiteit
• kwaliteit
• posisie
• waardigheid

Hiponiem:
• gedragshoedanigheid
• karakterhoedanigheid
• veghoedanigheid

Vertaling:
Engels: capacity; quality
Nederlands: hoedanigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geregtelik
Volgende onderwerp: terugvoering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 15:26:13 MGT 2024