Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verswarend
verswarend [boodskap #143954] Do, 23 November 2023 13:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19042
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verswarend
Afbreking: ver•swa•rend
Samestelling: verswaar + -end


Byvoeglike naamwoord: verswarend
Attributief: verswarende

Betekenis:
• Wat ('n misdaad) erger of ernstiger maak.

Gebruik:
• Die man is skuldig bevind op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

Sinoniem:
• verergerend
• verslegtend

Antoniem:
• versagtend

Vertaling:
Engels: aggravating
Nederlands: verzwarend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van verswaar.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geslagsgebaseerd
Volgende onderwerp: staatsgetuie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:58:16 MGT 2024