Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » knou
knou [boodskap #143895] So, 19 November 2023 09:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19163
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
knou
Afbreking: knou


Werkwoord: knou
Verlede tyd: het geknou

Betekenis:
• Om moedswillig seer te maak.

Gebruik:
• Beurtkrag knou die land se ekonomie.

Sinoniem:
• beskadig
• breek
• byt
• knaag
• knak
• ruïneer
• verwond
• verrinneweer

Afgelei:
• afknou
• knouer

Vertaling:
Engels: to hurt, injure
Nederlands: knauwen


Selfstandige naamwoord: knou
Meervoud: knoue
Verkleinwoord: knoutjie
Meervoud van verkleining: knoutjies

Betekenis:
• 'n Ernstige besering of beskadiging.

Gebruik:
• Die lewe het hom al 'n paar lelike knoue toegedien.

Sinoniem:
• beskadiging
• skade
• terugslag
• wond

Vertaling:
Engels: bite, gnaw, set-back
Nederlands: knauw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: betrek
Volgende onderwerp: noodsaaklikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 15:31:41 MGT 2024