Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oningelig
oningelig [boodskap #143862] Sa, 18 November 2023 07:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19163
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oningelig
Afbreking: on•in•ge•lig
Samestelling: on- + ingelig


Byvoeglike naamwoord: oningelig
Attributief: oningeligte

Betekenis:
• Wat nie na behore ingelig is nie.

Gebruik:
• As jy nie koerant lees nie, is jy oningelig, maar as jy wel doen, is jy mislei.

Sinoniem:
• onbewus
• onkundig
• onvertroud
• onwetend

Antoniem:
• ingelig

Vertaling:
Engels: uninformed, ill informed
Nederlands: ongeïnformeerd


Werkwoord: lig in, inlig
Verlede tyd: het ingelig

Betekenis:
• Verlede tyd van inlig: om inligting te verskaf.

Gebruik:
• Ek het almal ingelig dat ek 10 minute laat sal wees.

Vertaling:
Engels: informed
Nederlands: geïnformeerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hersirkuleer
Volgende onderwerp: ingelig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 13:38:56 MGT 2024