Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » RE: Gloudina en Leenderd se modderstoei
RE: Gloudina en Leenderd se modderstoei [boodskap #14378] Wo, 06 Mei 1998 00:00
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article #1/1,
wrote:

>
> Nou, ou Gideon. Die saak is baie
> meer gekompliseerd as wat jy dit
> stel. Kom ons begin by die begin.
> Hoekom woon so baie mense modder-
> stoeiwedstyde by? Omdat hulle hou
> van die aksie, ou Gideon.

Hmmm... wel.. miskien, maar jy maak dit vir ou Leendert nou so swaar hier dat
hy sy pseudo-intellektuele masker opsit getemper met 'n druppeltjie of twee
humorlose vennyn.

En dan die ander ding natuurlik is dat modder (soos sekere ander natuurlike
afskeisels) natuurlik spat. Nou miskien is dit wat mense geniet. Persoonlik
sou my beskeie mening wees dat daar ander, meer grafies attraksies aan
modderstoei is.

> Nou,
> jy sê jy "hang aan die kante
> van die nuusgroep rond" maar is
> nou nie een wat gereeld bydra nie.
> Nou neem Gideon skielik die kuber-
> pen op, en waaroor skryf hy?
> Leendert en Gloudina se vete.
> Kan die Leendert/Gloudina "vete"
> dus 'n manier wees om bydraes
> te stimuleer, Afrikaans in die
> kuberruimte te bevorder?
Dit is moontlik, hoewel my bydraes gewoonlik saamgaan met hoeveel tyd ek het
om te bestee aan buitemuurse aktiwiteite. Hierdie week is daar relatief baie
van daardie kosbare kommoditeit beskikbaar so...
Ek is darem nie heeltemal stom nie, en het al van my liedjies wat ek maar so
aan die kant skryf op die nuusgroep geplaas en dan ook so af en toe in die ou
dae toe Ferdi/Koos redelik gereeld hier rondgehang het relatief baie bydraes
gemaak.

> Ek dink
> dis nie Leendert se doel nie. Hy
> is maar net 'n argumenteerder in
> murg en bloed, en ek dink hy geniet
> dit om met my te argumenteer. En
> in die proses gee hy my nogal
> waardevolle inligting oor SA. En
> ek hou maar net die plek warm
> vir Koos/Ferdi, wat soos 'n groot
> speld van die nuusgroep af verdwyn
> het. Hy was eintlik die baas-
> afranselaar vir Leendert. Ek dink
> Leendert is jammer dat Koos van
> die toneel verdwyn het. Hulle het
> soms net geargumenteer, oor niks.
> DIS 'n kuns.

Hehehe :)

Ja, Ou Ferdie is maar skaars hierlangs deesdae. Ek sien hom so af-en-toe in
ander nuusgroepe rondhang. Miskien het hy begin verveeld raak daarmee om
dieselfde ou argumente oor en oor met Leendert te hê. Ek meen - hoeveel
maniere kan jy nou sê: "Kom by ou bees". Miskien is hy bevorder van hoof
moeilikheidmaker na hoof ietsanders en nou voel hy nie meer so driftig oor
dinge nie.

>
> Nou, ou Gideon, vertel ons waar
> jy in die Boland bly, en hoe dit
> nou daar lyk. Ek hoor so graag
> van die Boland.
Wel... ek woon in die skadu van daardie "Boerse Fallus" soos wat Ferdi die
Taalmonument een keer genoem het. En die enigste manier om die Boland te
beskryf is met jou hande. Jy kan hom net sien of proe in die wyn. Die
woordeboek het nie genoeg woorde nie.
Die enigste ander plek wat naby kom is die Karoo, waar my ouers woon. Daar ry
mense net deur en sê: "Maak gou, dit is warm (of koud), bar en vervelig.".
Maar as jy stop vir 'n dag of 'n week of 'n jaar , dan begin jy sien met
ander oë, want dan leer jy eers kyk. Jy moet kyk vir dinge, wat die sien van
mooi soveel mooier maak. Jy gaan nie net verbyry teen 120 Km per uur en die
mooi sien nie. As jy nog nie op een van daardie ysterklipkoppies gesit en kyk
hoe die wolke inrol en op die ou end reën baar nie, het jy nog nie gesien
nie, want jy het nognie gekyk nie.

Die Boland is anders - jy word so oorweldig deur die groen van die wingerde
en boorde. As jy laatmiddag kyk na die berge, kan jy amper sien waar die
ekspressionisme sy oorsprong in oorweldigende kleur gekry het. As van Gogh in
die Boland gewoon het, sou hy nooit sy hart, sy oor en sy lewe verloor het
vir die liefde van 'n sterfeling nie.

Miskien is die waarheid eintlik dat mooi is soos jy mooi sien. Niagra se
water, Antartika se leegte, die Namib se sekelduine, Nederland se
laaglande... Waar jy dit soek, sal jy dit sien.

> Ek beloof jou ek
> sal nie met jou argumenteer nie.

Ek weet ;) Jy raas net met Leendert.

Hmmm... wel... meestal

Groete uit die Boland

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Vorige onderwerp: onse mooi land
Volgende onderwerp: Gloudina se leuens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 06:53:44 MGT 2024