Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorerwing
oorerwing [boodskap #143718] So, 05 November 2023 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorerwing
Afbreking: oor•er•wing
Samestelling: oorerf + -ing


Selfstandige naamwoord: oorerwing
Meervoud: oorerwinge, oorerwings

Betekenis:
• Die oordrag van fisiese en ander eienskappe van die een na die volgende geslag.
• (rekenaarwetenskap) Dit wat 'n klas in objek georiënteerde programmering kry vanaf 'n klas waarop dit gebaseer is.

Gebruik:
• Outisme is gewoonlik die resultaat van oorerwing of genetiese mutasie.
Oorerwing laat 'n klas toe om dieselfde gedrag as 'n ander klas te hê, en dit dan uit te brei of vir 'n spesifieke behoefte aan te pas.

Afgelei:
• oorerwingsfaktor
• oorerwingskrag

Vertaling:
Engels: inheritance
Nederlands: overerving

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: terugroep
Volgende onderwerp: dokumentering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:07:29 MGT 2024