Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » linie
linie [boodskap #143698] Sa, 04 November 2023 11:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
linie
Afbreking: li•nie


Selfstandige naamwoord: linie
Meervoud: linies

Betekenis:
• 'n Ry soldate of ander dinge langs mekaar.
• 'n Lyn van opeenvolging (meestal deur bloedverwantskap).

Gebruik:
• Die soldate is met valskerms agter die vyandelike linies neergelaat.
• Die manlike linie van Nederlandse koningshuis het in 1890 uitgesterf.

Afgelei:
• aanvalslinie
• agterlinie
• binnelinie
• buitelinie
• frontlinie
• gevegslinie
• interlinie
• konvooilinie
• slaglinie
• sylinie
• toevoerlinie
• veglinie
• verbindingslinie
• verdedigingslinie
• vuurlinie

Afgelei:
• linieregiment
• linieskip
• linietroepe

Vertaling:
Engels: line
Nederlands: linie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ineen
Volgende onderwerp: noodbehandeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:24:03 MGT 2024