Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ineenstort
ineenstort [boodskap #143696] Sa, 04 November 2023 10:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ineenstort
Afbreking: in•een•stort
Samestelling: ineen + stort


Werkwoord: stort ineen, ineenstort
Verlede tyd: het ineengestort

Betekenis:
• Om in stukke op die grond te val.
• Om flou te val.
• (figuurlik) Tot niet gaan.

Gebruik:
• 'n Aardbewing het die geboue laat ineenstort.
• Die vrou het reg voor die hospitaal ineengestort.
• Die eens magtige ryk stort in die 19de eeu ineen.

Sinoniem:
• ineensak
• inmekaarsak
• inmekaarstort
• inmekaarvou
• intuimel
• inval
• meegee
• neerstort
• neertuimel
• neerval
• platval

Afgelei:
• ineenstorting

Vertaling:
Engels: to collapse
Nederlands: ineenstorten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: instroom
Volgende onderwerp: ineen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:17:18 MGT 2024