Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verskrompel
verskrompel [boodskap #143690] Vr, 03 November 2023 18:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verskrompel
Afbreking: ver•skrom•pel


Werkwoord: verskrompel
Verlede tyd: het verskrompel

Betekenis:
• Om deur uitdroging kleiner en vol rimpels/plooie te word.

Gebruik:
• Die ekstreme hitte verskrompel die plante.

Sinoniem:
• opkrimp
• uitdroog
• verdor
• verdroog
• verkrimp
• verlep
• verrimpel
• verskroei

Afgelei:
• verskrompeling

Vertaling:
Engels: to shrivel up, wither, shrink
Nederlands: verschrompelen


Byvoeglike naamwoord: verskrompel
Attributief: verskrompelde

Betekenis:
• Wat droog en vol rimpels is.

Gebruik:
• Die boer kyk moedeloos na sy verskrompelde mielielande.

Vertaling:
Engels: shriveled
Nederlands: verschrompeld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Italianer
Volgende onderwerp: weerpatroon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:25:13 MGT 2024