Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sorteer
sorteer [boodskap #143669] Di, 31 Oktober 2023 16:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sorteer
Afbreking: sor•teer


Werkwoord: sorteer
Verlede tyd: het gesorteer

Betekenis:
• Om in volgorde te plaas.
• Om in soorte/kategorieë in te deel.

Gebruik:
Sorteer die woorde alfabeties.
• Die boek Jona in die Bybel sorteer onder die klein profete.

Sinoniem:
• indeel
• kategoriseer
• keur
• klasseer
• klassifiseer
• orden
• rangskik
• sif
• sistematiseer

Afgelei
• insorteer
• oorsorteer
• sorteerband
• sorteerder
• sorteerkamer
• sorteermandjie
• sorteermasjien
• sorteerorde
• sorteerster
• sorteertafel
• sorteertegniek
• sorteervoorman
• sorteerwa
• sortering
• uitsorteer
• wansorteer

Vertaling:
Engels: to sort
Nederlands: sorteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: 25ste
Volgende onderwerp: 26ste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:07:35 MGT 2024