Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontvanger
ontvanger [boodskap #143656] Di, 31 Oktober 2023 11:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontvanger
Afbreking: ont•van•ger
Samestelling: ontvang + -er


Selfstandige naamwoord: ontvanger
Meervoud: ontvangers
Verkleinwoord: ontvangertjie
Meervoud van verkleining: ontvangertjies

Betekenis:
• Iemand wat iets kry; in ontvangs neem.
• Toestel wat iets (soos golwe) ontvang.
• Amptenaar wat belasting vorder.

Gebruik:
• Skryf die ontvanger se adres voor op die koevert.
• Die radio se ontvanger in nie reg ingestel nie.
• Betaal die ontvanger wat hom toekom.

Sinoniem:
• begunstigde
• geadresseerde
• ontvangstoestel
• invorderaar

Antoniem:
• geëer
• skenker
• afsender

Afgelei:
• seinontvanger
• ontvangerskantoor

Vertaling:
Engels: receiver, recipient
Nederlands: ontvanger

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hervorming
Volgende onderwerp: ongelykheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:16:01 MGT 2024