Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hervorming
hervorming [boodskap #143655] Di, 31 Oktober 2023 09:39
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hervorming
Afbreking: her•vor•ming
Samestelling: hervorm + -ing


Selfstandige naamwoord: hervorming
Meervoud: hervorminge, hervormings
Verkleinwoord: hervorminkie
Meervoud van verkleining: hervorminkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van hervorm; om te verander of te verbeter.
• Die Protestantse Reformasie wat deur Martin Luther in die 16de eeu begin is (met hoofletter).

Gebruik:
• Sonder ekonomiese hervorming sal die ekonomie nie verder groei nie.
• Die hoofdoel van die Hervorming was om die dwalings en wanpraktyke van die destydse Rooms-Katolieke Kerk teen te werk.

Sinoniem:
• herskepping
• herstrukturering
• modifikasie
• reformasie
• verandering
• verbetering
• vernuwing
• wysiging

Hiponiem:
• kabinetshervorming
• kalenderhervorming
• kerkhervorming
• kiesreghervorming
• kieswethervorming
• onderwyshervorming
• spellinghervorming
• staatshervorming
• strafhervorming
• taalhervorming
• teenhervorming

Afgelei:
• hervormingsagitasie
• hervormingsbeleid
• hervormingsbeweging
• hervormingsdaad
• Hervormingsdag
• hervormingsfees
• hervormingsgesteente
• hervormingspoging
• hervormingsprogram
• hervormingsproses
• hervormingswet

Vertaling:
Engels: reform, reformation
Nederlands: hervorming

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verwydering
Volgende onderwerp: ontvanger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:18:23 MGT 2024