Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verwydering
verwydering [boodskap #143654] Di, 31 Oktober 2023 09:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwydering
Afbreking: ver•wy•de•ring
Samestelling: verwyder + -ing


Selfstandige naamwoord: verwydering
Meervoud: verwyderinge, verwyderings

Betekenis:
• Die handeling van verwyder; om weg te vat of afstand te skep.

Gebruik:
• Amputasie is die chirurgiese verwydering van 'n ledemaat.

Sinoniem:
• eliminasie
• ekstraksie
• skeiding
• uitsnyding
• uitwissing
• wegneming

Hiponiem:
• afvalverwydering
• borsverwydering
• ghriesverwydering
• longverwydering
• vlekverwydering

Afgelei:
• verwyderingsbevel

Vertaling:
Engels: removal
Nederlands: verwijdering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: 20ste
Volgende onderwerp: hervorming
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:21:24 MGT 2024