Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » regressie
regressie [boodskap #143639] Ma, 30 Oktober 2023 13:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regressie
Afbreking: re•gres•sie


Selfstandige naamwoord: regressie
Meervoud: regressies

Betekenis:
• Agteruitgang of die terugkeer na 'n vroeëre toestand.
• (statistiek) Die opstel van 'n model deur die beste passing van waardes waarmee skattings gemaak kan word.

Gebruik:
• Die wond toon tekens van regressie.
• Lineêre regressie word gebruik om 'n verband tussen twee veranderlikes te voorspel of te visualiseer.

Sinoniem:
• agteruitgang
• teruggang
• terugkeer
• terugval
• terugwerking

Antoniem:
• progressie

Afgelei:
• regressie-analise
• regressiekromme
• regressielyn
• regressiemodel

Verwant:
• regressief

Vertaling:
Engels: regression
Nederlands: regressie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: springkasteel
Volgende onderwerp: waarvolgens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 08:30:03 MGT 2024