Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwytraak
kwytraak [boodskap #143613] So, 29 Oktober 2023 09:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kwytraak
Afbreking: kwyt•raak
Samestelling: kwyt + raak


Werkwoord: raak kwyt, kwytraak
Verlede tyd: het kwytgeraak

Betekenis:
• Om iets in jou besit te verloor, of daarvan ontslae te raak.
• Om te sê.

Gebruik:
• Hy raak die spoor kwyt. Pasop dat jy nie jou varkies kwytraak nie.
• Sy het weer 'n klomp nonsens kwytgeraak.

Sinoniem:
• afskud
• inboet
• verbeur
• verloor
• noem
• opper
• sê
• uiter

Vertaling:
Engels: to lose; to say
Nederlands: kwijtraken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wreedheid
Volgende onderwerp: bevryding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:59:16 MGT 2024