Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » belediging
belediging [boodskap #143591] Vr, 27 Oktober 2023 15:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
belediging
Afbreking: be•le•di•ging
Samestelling: beledig + -ing


Selfstandige naamwoord: belediging
Meervoud: belediginge, beledigings
Verkleinwoord: belediginkie
Meervoud van verkleining: belediginkies

Betekenis:
• Die handeling van beledig. Die skending van iemand se eer of goeie naam.

Gebruik:
• Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. [1 Petrus 3:9]

Sinoniem:
• affrontasie
• afkraking
• afsnouing
• belastering
• minagting
• naamskending
• slegsêery
• smaad
• uitskellery
• verguising
• verkleinering
• vernedering

Vertaling:
Engels: insult, affront, verbal abuse
Nederlands: belediging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: strafregtelik
Volgende onderwerp: meganies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:11:13 MGT 2024