Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd
Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14336] Di, 05 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote in message
...
> Ag nou ja ... Wat sal ek sê...Ek wil tog 'n beskeie bydrae lewer en vir
julle ou tweetjies vra om maar julle moddergooiery iewers anders heen te
neem.
> -Gideon

Ek sekondeer. Hier is my beskeie bydrae. (Gaan die NG nie oor Afrikaans
nie?)
Riglyne: MOETS: Plaas 'n berig slegs een keer. As dit gepas is, stuur
liewer e-pos. Maak dubbel seker van die relevante nuusgroep. MOENIES:
Moenie adverteer nie.
Kan julle jul sakies nie privaat afhandel nie ? Maar dan sal die argumente
gou opdroog, of hoe. (Nee, dit raak nie almal nie)
Kobus
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14337 is 'n antwoord op boodskap #14336] Di, 05 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article #1/1,
"j.b." het geskryf:
>
> Ek stem nie saam nie.
>
> Baie van Gloudina se goed is "tongue in cheek", en sy het n lekker humorsin
> (Kappiekommando ens.) en sy sit immers mooi gediggies op die net. Bly net
> daar Gloudina, die wat jou nie wil veel nie kan jou op die "gaan direk na
> delete file"sit.
>
> En Leenderd skryf n vreeslike mooi Afrikaans, en doen sy huiswerk m.b.t.
> die weergee van feite, en het ewe reg om sy saak te stel. M.i. moet almal
> ewe kans kry om hulle se te se!
>
Beste j.b.

Met my ou notatjie wil ek geensins afbreuk doen aan die positiewe bydrae wat
Gloudina en Leendert maak tot die ng nie. Hulle doen alles wat jy so met reg
sê. Wat my by die punt gebring het waar ek die ou notatjie gepos het, is hul
ewige gehaak aan mekaar. Die moddergooiery is by stuk van sake wat pla en dan
ook spesifiek die moddergooiery na mekaar.

Hulle het nou beide 'n kans gehad om hul saak te stel ten oënskou van almal
en ek is seker dat almal wat regtig geinteresseerd is nou klaar besluit het
wat hulle wil besluit oor wie. Nou is ons by die punt wat dit nie meer
regstel is nie, maar belediging. Dit kan hulle maar gerus in privaatheid
tussen mekaar doen.

Groete uit die Boland

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14338 is 'n antwoord op boodskap #14336] Di, 05 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gideon....@CALTEX.CO.ZA writes: > Ag nou ja...
>
> Wat sal ek sê...
>
> As iemand wat gewoonlik aan die kante van die nuusgroep rondhang, maar nog
> steeds dageliks lees wat hier aangaan ( vandat die nuusgroep begin is), sal
> julle dalk voel dat ek so 'n bietjie uit my beurt praat oor aangeleenthede
> waarvan ek hoegenaamd geen benul kan hê nie. Ek wil tog 'n beskeie bydrae
> lewer en vir julle ou tweetjies vra om maar julle moddergooiery iewers anders
> heen te neem. Ek besef dat dit seker baie opwindend is om so aan te gaan,
> maar julle kan seker insien dat dit die res van ons moontlik kan frustreer en
> dalk selfs irriteer om jul ou wasgoed so uitgehang te sien.
>
> Gloudina en Leendert namens... myself... en miskien een of twee ander hier,
> raak so 'n bietjie rustig... drink 'n ou muskadeltjie (of wat julle ookal
> drink wat julle rustig maak)... neurie die Stem of Nkosi of iets wat jul
> patriotiese spiere dalk mag prikkel.
>
> As julle self na dit nog steeds nie oor hierdie impuls kan kom om mekaar in
> te vlieg nie, stuur vir mekaar dan nou maar 'n ou e-mailtjie ek doen dit dan
> nou maar so. As dit nog steeds nie help nie... ek is seker dat julle dalk 'n
> goeie kopdokter kan kry in jul onderskeie habitats (of wat ook al die plekk
> nou wil wees waar jul werksaam is)wat jul sal kan help met kompulsiewe gedrag.
>
>
> Groete uit die Boland (vir nou)
>
>
>
>
> -Gideon-

Nou, ou Gideon. Die saak is baie
meer gekompliseerd as wat jy dit
stel. Kom ons begin by die begin.
Hoekom woon so baie mense modder-
stoeiwedstyde by? Omdat hulle hou
van die aksie, ou Gideon. Nou,
jy sê jy "hang aan die kante
van die nuusgroep rond" maar is
nou nie een wat gereeld bydra nie.
Nou neem Gideon skielik die kuber-
pen op, en waaroor skryf hy?
Leendert en Gloudina se vete.
Kan die Leendert/Gloudina "vete"
dus 'n manier wees om bydraes
te stimuleer, Afrikaans in die
kuberruimte te bevorder? Ek dink
dis nie Leendert se doel nie. Hy
is maar net 'n argumenteerder in
murg en bloed, en ek dink hy geniet
dit om met my te argumenteer. En
in die proses gee hy my nogal
waardevolle inligting oor SA. En
ek hou maar net die plek warm
vir Koos/Ferdi, wat soos 'n groot
speld van die nuusgroep af verdwyn
het. Hy was eintlik die baas-
afranselaar vir Leendert. Ek dink
Leendert is jammer dat Koos van
die toneel verdwyn het. Hulle het
soms net geargumenteer, oor niks.
DIS 'n kuns.

Nou, ou Gideon, vertel ons waar
jy in die Boland bly, en hoe dit
nou daar lyk. Ek hoor so graag
van die Boland. Ek beloof jou ek
sal nie met jou argumenteer nie.

Gloudina
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14339 is 'n antwoord op boodskap #14336] Di, 05 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote:
>
> Kobus Pietersen wrote in message
> ...>Gideon....@CALTEX.CO.ZA
> wrote in message
>> ...
>>> moddergooiery iewers anders
>>> -Gideon
>
>> NG nie oor Afrikaans nie?
>> sakies privaat afhandel ? .
>> Riglyne: stuur liewer e-pos. Maak seker van relevante
> nuusgroep.
> Kobus
>
> Leendert skryf
> ("Delete" om te verwyder. )
> ( kan berig verberg )
>
> Leendert,
> Ek kry sommer meer simpatie vir Glodina as ek lees wat ons
> vra, en wat jou antwoorde daarop is. Jy steur jou ook seker
> nie aan haar redenasies nie. Lyk my jy voel feite moet nie
> inmeng met 'n goeie storie nie. Maak jy nou volstruis met
> jou reaksie? Reageer op ons woorde hierbo.
>
> Julle kan mos een van die volgende doen:
> 1 Stel die argument oop vir almal. Sit elk so10 punte op die
> tafel dat almal dit kan bespreek.
> 2 Bepaal 'n datum wanneer die gesprek afgehandel moet wees.
> Kom tot die punt waar die gepanserde voertuig deur die
> voordeur ry.
> 3 Alternatiewelik, gebruik e-pos tussen julle twee, en laat
> weet die uitslag vir almal oor so twee jaar. Is daar 'n rede
> waarom julle dit nie doen?
> 4 As jy regtig wil argumenteer moet ons vir Cyril Ramaposa
> op die lyn kry. Sien jy kans?
>
> Jy was mos self betrokke toe daar besluit is die NG se naam
> is ...afrikaans en nie afrikaans.politiek nie.
>
> Die vriendelikste groete ooit
> Kobus

Leendert

Lyk my die Net polisie is op jou. Kobus het besluit dat hy alles wil
lees wat gepos word en as dit nie vir hom aanvaarbaar is nie sal hy jou
'nag' tot jy weggaan. Hy glo nie aan die chaos wat in elke
ongemodereerde nuusgroep heers nie, dinge moet streng georden wees
volgens sy reels.

Kobus

Die ou nuusgroepie was maar bra gevrek so drie vier maande terug - ten
minste ruil mense gedagtes uit al pas dit nou nie in by jou idees van
hoe dit nou eintlik gedoen moet word nie. As jy wil he almal op die
nuusgroep moet gedigies uitruil en oor die semantiese gepastheid van
afrikaanse internet terme praat sal die nuusgroep vinnig terug keer na
net nog 'n stub op die usenet. Lees wat jy in belang stel en as dit jou
nie aangaan nie - ignoreer dit. Vind uit hoe 'n kill file werk. Die is
'n ongemodereerde nuusgroep - enigeen met toegang to die net kan hier
pos - leer om daarmee saam te lewe. Terloops - sluit aan by die
afrikaanse poslys by aztec.co.za - (stuur pos aan
lists...@unseen.aztec.co.za ) - hulle is het goeie afrikaans
besprekings sonder Flame wars en daar kan jy mense vertel wat om nie te
pos nie. (Hulle sal hulle ook nie aan jou steur nie maar jy kan altyd
probeer :) )

Die heel vriendelikste groete ooit (Doen beter as daardie!)
Lou

____________________________________
Anarchy works! Ask any Usenet-Site.
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14359 is 'n antwoord op boodskap #14336] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article #1/2,
"Leendert van Oostrum" wrote:

**********KNIP******************
> As mens bietjie rondsoek op jou sleutelbord, behoort jy 'n knoppie te =
> kry wat sê "Delete" of "DEL".

**********KNIP******************
> Die "Delete" - knoppie werk selfs op goeters wat mens nog nie gelees het =
> nie! So dis amper soos 'n koerant, waaruit mens ook nie alle berigte =
> hoef te lees nie.
>

******************KNIP************************
> Maar miskien moet julle eers die "Delete" -knoppie onder die knie kry, =
> nie waar nie?
>
> As jy dit gedoen het, Kobus, kan jy miskien 'n netiket-riglyn opstel ('n =
> "MOETS" en "MOENIES") vir die _lesers_ van nuusgroepe?
>
> Vriendelike groete, Leendert
>

Beste Leendert

Nogal vreemd hoe 'n mens in 'n oomblik van swakheid dinge kan kwytraak wat
andere in staat stel om hul opinies oor jou te vorm.
Ek vertrou dit was net 'n oomblik van swakheid wat die huidige skim-beeld van
jou op my geestesoog se kornea ingebrand het en dat tyd en sterk alkaliese
bymiddels sal help om die suur smaak wat jy gelaat het tee te werk. Daar is
natuurlik ook die moontlikheid dat jy na dese (moontlik ook in 'n oomblik van
swakheid) sal voel dat die goedbedoelde kritiek dalk van waarde was en
moontlik op jou van toepassing kon wees. Wanneer jy miskien by daardie punt
kom, laat my maar deur iemand weet sodat ek jou naam kan nadersleep van die
rand van my "killfile" en verhoed dat dit heeltemal indonder.

Met innige simpatie en 'n Rennie

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14360 is 'n antwoord op boodskap #14336] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote in message
> ...
>
>> Hulle het nou beide 'n kans gehad om hul saak te stel ten oënskou van almal
>> en ek is seker dat almal wat regtig geinteresseerd is nou klaar besluit het
>> wat hulle wil besluit oor wie. Nou is ons by die punt wat dit nie meer
>> regstel is nie, maar belediging. Dit kan hulle maar gerus in privaatheid
>> tussen mekaar doen.
>
> Is dit nie bietjie voorbarig om voor te gee dat jy weet by watter "punt"
> iemand anders in sy agument is nie?
>

Uiters ongewoon Leendert. Wil jy vir my sê dat jy uiters beledigende
stellings kan maak sonder om beledigend te wees?

Gaan maar voort met my opvoeding. Ek is nie waardig op u skaduwee aan te
raak nie.

-Gideon-
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14361 is 'n antwoord op boodskap #14336] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote in message ...

> Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote in message
> ...
>> Ag nou ja ... Wat sal ek sê...Ek wil tog 'n beskeie bydrae lewer en vir
> julle ou tweetjies vra om maar julle moddergooiery iewers anders heen te
> neem.
>> -Gideon

> Ek sekondeer. Hier is my beskeie bydrae. (Gaan die NG nie oor Afrikaans
> nie?)
> Riglyne: MOETS: Plaas 'n berig slegs een keer. As dit gepas is, stuur
> liewer e-pos. Maak dubbel seker van die relevante nuusgroep. MOENIES:
> Moenie adverteer nie.
> Kan julle jul sakies nie privaat afhandel nie ? Maar dan sal die argumente
> gou opdroog, of hoe. (Nee, dit raak nie almal nie)
> Kobus

Beste Gideon en Kobus,

As mens bietjie rondsoek op jou sleutelbord, behoort jy 'n knoppie te kry wat sê "Delete" of "DEL".

Die hooffunksie van hierdie knoppie is om goeters te verwyder wat mens nie op jou skerm wil hë nie.

Die "Delete" - knoppie werk selfs op goeters wat mens nog nie gelees het nie! So dis amper soos 'n koerant, waaruit mens ook nie alle berigte hoef te lees nie.

Ek meen: Self as mens die Playboy gekoop het, is daar niemand wat jou dwing om die middelblad te kyk nie, nie waar nie?

Maar die hierdie ding is eintlik nog veel deftiger as 'n koerant. As jy weet wat jy doen, hoef jy nie eens die berigte van mense wat jou iriteer af te laai van jou nuusbediener af nie - anders as in die geval van die koerant, hoef jy dit dus nie eers te "koop" nie.

Om die waarheid te sê, jy kan die meeste stelsels opdrag gee om die blote feit dat bepaalde mense (wat jou iriteer) 'n berig geplaas het van jou te verberg - jy hoef dit dus nie eens te weet nie.

Maar miskien moet julle eers die "Delete" -knoppie onder die knie kry, nie waar nie?

As jy dit gedoen het, Kobus, kan jy miskien 'n netiket-riglyn opstel ('n "MOETS" en "MOENIES") vir die _lesers_ van nuusgroepe?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14362 is 'n antwoord op boodskap #14336] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote in message ...>Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote in message
>...
>>moddergooiery iewers anders
>>-Gideon

>NG nie oor Afrikaans nie?
>sakies privaat afhandel ? .
>Riglyne: stuur liewer e-pos. Maak seker van relevante nuusgroep.
Kobus

Leendert skryf
("Delete" om te verwyder. )
( kan berig verberg )

Leendert,
Ek kry sommer meer simpatie vir Glodina as ek lees wat ons vra, en wat jou antwoorde daarop is. Jy steur jou ook seker nie aan haar redenasies nie. Lyk my jy voel feite moet nie inmeng met 'n goeie storie nie. Maak jy nou volstruis met jou reaksie? Reageer op ons woorde hierbo.

Julle kan mos een van die volgende doen:
1 Stel die argument oop vir almal. Sit elk so10 punte op die tafel dat almal dit kan bespreek.
2 Bepaal 'n datum wanneer die gesprek afgehandel moet wees. Kom tot die punt waar die gepanserde voertuig deur die voordeur ry.
3 Alternatiewelik, gebruik e-pos tussen julle twee, en laat weet die uitslag vir almal oor so twee jaar. Is daar 'n rede waarom julle dit nie doen?
4 As jy regtig wil argumenteer moet ons vir Cyril Ramaposa op die lyn kry. Sien jy kans?

Jy was mos self betrokke toe daar besluit is die NG se naam is ...afrikaans en nie afrikaans.politiek nie.

Die vriendelikste groete ooit
Kobus
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14363 is 'n antwoord op boodskap #14336] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article #1/1,
wrote:

>
> Nou, ou Gideon. Die saak is baie
> meer gekompliseerd as wat jy dit
> stel. Kom ons begin by die begin.
> Hoekom woon so baie mense modder-
> stoeiwedstyde by? Omdat hulle hou
> van die aksie, ou Gideon.

Hmmm... wel.. miskien, maar jy maak dit vir ou Leendert nou so swaar hier dat
hy sy pseudo-intellektuele masker opsit getemper met 'n druppeltjie of twee
humorlose vennyn.

En dan die ander ding natuurlik is dat modder (soos sekere ander natuurlike
afskeisels) natuurlik spat. Nou miskien is dit wat mense geniet. Persoonlik
sou my beskeie mening wees dat daar ander, meer grafies attraksies aan
modderstoei is.

> Nou,
> jy sê jy "hang aan die kante
> van die nuusgroep rond" maar is
> nou nie een wat gereeld bydra nie.
> Nou neem Gideon skielik die kuber-
> pen op, en waaroor skryf hy?
> Leendert en Gloudina se vete.
> Kan die Leendert/Gloudina "vete"
> dus 'n manier wees om bydraes
> te stimuleer, Afrikaans in die
> kuberruimte te bevorder?
Dit is moontlik, hoewel my bydraes gewoonlik saamgaan met hoeveel tyd ek het
om te bestee aan buitemuurse aktiwiteite. Hierdie week is daar relatief baie
van daardie kosbare kommoditeit beskikbaar so...
Ek is darem nie heeltemal stom nie, en het al van my liedjies wat ek maar so
aan die kant skryf op die nuusgroep geplaas en dan ook so af en toe in die ou
dae toe Ferdi/Koos redelik gereeld hier rondgehang het relatief baie bydraes
gemaak.

> Ek dink
> dis nie Leendert se doel nie. Hy
> is maar net 'n argumenteerder in
> murg en bloed, en ek dink hy geniet
> dit om met my te argumenteer. En
> in die proses gee hy my nogal
> waardevolle inligting oor SA. En
> ek hou maar net die plek warm
> vir Koos/Ferdi, wat soos 'n groot
> speld van die nuusgroep af verdwyn
> het. Hy was eintlik die baas-
> afranselaar vir Leendert. Ek dink
> Leendert is jammer dat Koos van
> die toneel verdwyn het. Hulle het
> soms net geargumenteer, oor niks.
> DIS 'n kuns.

Hehehe :)

Ja, Ou Ferdie is maar skaars hierlangs deesdae. Ek sien hom so af-en-toe in
ander nuusgroepe rondhang. Miskien het hy begin verveeld raak daarmee om
dieselfde ou argumente oor en oor met Leendert te hê. Ek meen - hoeveel
maniere kan jy nou sê: "Kom by ou bees". Miskien is hy bevorder van hoof
moeilikheidmaker na hoof ietsanders en nou voel hy nie meer so driftig oor
dinge nie.

>
> Nou, ou Gideon, vertel ons waar
> jy in die Boland bly, en hoe dit
> nou daar lyk. Ek hoor so graag
> van die Boland.
Wel... ek woon in die skadu van daardie "Boerse Fallus" soos wat Ferdi die
Taalmonument een keer genoem het. En die enigste manier om die Boland te
beskryf is met jou hande. Jy kan hom net sien of proe in die wyn. Die
woordeboek het nie genoeg woorde nie.
Die enigste ander plek wat naby kom is die Karoo, waar my ouers woon. Daar ry
mense net deur en sê: "Maak gou, dit is warm (of koud), bar en vervelig.".
Maar as jy stop vir 'n dag of 'n week of 'n jaar , dan begin jy sien met
ander oë, want dan leer jy eers kyk. Jy moet kyk vir dinge, wat die sien van
mooi soveel mooier maak. Jy gaan nie net verbyry teen 120 Km per uur en die
mooi sien nie. As jy nog nie op een van daardie ysterklipkoppies gesit en kyk
hoe die wolke inrol en op die ou end reën baar nie, het jy nog nie gesien
nie, want jy het nognie gekyk nie.

Die Boland is anders - jy word so oorweldig deur die groen van die wingerde
en boorde. As jy laatmiddag kyk na die berge, kan jy amper sien waar die
ekspressionisme sy oorsprong in oorweldigende kleur gekry het. As van Gogh in
die Boland gewoon het, sou hy nooit sy hart, sy oor en sy lewe verloor het
vir die liefde van 'n sterfeling nie.

Miskien is die waarheid eintlik dat mooi is soos jy mooi sien. Niagra se
water, Antartika se leegte, die Namib se sekelduine, Nederland se
laaglande... Waar jy dit soek, sal jy dit sien.

> Ek beloof jou ek
> sal nie met jou argumenteer nie.

Ek weet ;) Jy raas net met Leendert.

Hmmm... wel... meestal

Groete uit die Boland

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14364 is 'n antwoord op boodskap #14336] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Lou,
My ou,
Sê my gou,
Wat doen jy nou ?
Jy kan my mos vertrou,
Ek sê nie julle het verbrou,
Ook nie dat die nuusgroep gaan vou,
Van verdere vra sal ek my egter onthou,
Soos 'n boerboel se byt bly jy net klou,
En al wat ek kry is mense wat my uitjou,
Al wat ek vra is lekker kossies om aan te kou,
Lou sê gou, anders kom bliksem ek jou : pimpel, pers asook blou.
Kobus

> Die ou nuusgroepie was maar bra gevrek so drie vier maande terug - ten
> minste ruil mense gedagtes uit.

> Die heel vriendelikste groete van nou tot ooit (Doen beter as daardie!)
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14365 is 'n antwoord op boodskap #14336] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

>
> Beste Gideon en Kobus,
>
>
> Die "Delete" - knoppie werk selfs op goeters wat mens nog nie gelees het =
> nie!

Dit help nie om vir Gideon en Kobus te
vertel wat om te doen om nie jou poste
te lees nie. Want, sielkundig, is dit
nie waarom dit gaan nie. Hulle wil vir
mense van die nuusgroep af terroriseer.
Hulle wil vir hulle die reg toe-eien
om die reels te maak. Tussenin is hul
besig om jou poste noukeurig te lees.

Gloudina
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14366 is 'n antwoord op boodskap #14336] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote:
>
> Lou,
> My ou,
> Sê my gou,
> Wat doen jy nou ?
> Jy kan my mos vertrou,
> Ek sê nie julle het verbrou,
> Ook nie dat die nuusgroep gaan vou,
> Van verdere vra sal ek my egter onthou,
> Soos 'n boerboel se byt bly jy net klou,
> En al wat ek kry is mense wat my uitjou,
> Al wat ek vra is lekker kossies om aan te kou,
> Lou sê gou, anders kom bliksem ek jou : pimpel, pers asook blou.
> Kobus
>
>> Die ou nuusgroepie was maar bra gevrek so drie vier maande terug - ten
>> minste ruil mense gedagtes uit.
>
>> Die heel vriendelikste groete van nou tot ooit (Doen beter as daardie!)

Baie goed ou Koos
Wat natuurlik ook rym met doos
Wat soos die Afrikaanse woord koos
Dubbel menings vorm al word mense ook nou hoe boos
Kan nie een van bogenoemde vergelyk met die reuk van 'n roos
Maar die rymelary van my lyk maar ietwat voos
So ek wend wend my blik maar eerder oos

Groete
Lourens
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14368 is 'n antwoord op boodskap #14336] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article #1/1,
wrote:
>
> "Leendert van Oostrum" writes:
>
>>
>> Beste Gideon en Kobus,
>>
>>
>> Die "Delete" - knoppie werk selfs op goeters wat mens nog nie gelees het =
>> nie!
>
> Dit help nie om vir Gideon en Kobus te
> vertel wat om te doen om nie jou poste
> te lees nie. Want, sielkundig, is dit
> nie waarom dit gaan nie. Hulle wil vir
> mense van die nuusgroep af terroriseer.
> Hulle wil vir hulle die reg toe-eien
> om die reels te maak. Tussenin is hul
> besig om jou poste noukeurig te lees.
>
> Gloudina
>
>
Huh???

Miskien het ek iewers nie iets gelees wat ek geskryf het nie?

Wie terroriseer wie?

Klink nogal opwindend!

Viva Liberte!

Viva le ...????

O...

Ag wat

Baai

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14395 is 'n antwoord op boodskap #14336] Do, 07 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote:
>
>>> Lou,
>>> My ou,
>>> Sê my gou,
>>> Wat doen jy nou ?
>>> Jy kan my mos vertrou,
>>> Ek sê nie julle het verbrou,
>>> Ook nie dat die nuusgroep gaan vou,
>>> Van verdere vra sal ek my egter onthou,
>>> Soos 'n boerboel se byt bly jy net klou,
>>> En al wat ek kry is mense wat my uitjou,
>>> Al wat ek vra is lekker kossies om aan te kou,
>>> Lou sê gou, anders kom bliksem ek jou : pimpel, pers asook blou.
>>> Kobus
>>>
>>> ten minste ruil mense gedagtes uit.
>
>> Baie goed ou Koos
>> Wat natuurlik ook rym met doos
>> Wat soos die Afrikaanse woord koos
>> Dubbel menings vorm al word mense ook nou hoe boos
>> Kan nie een van bogenoemde vergelyk met die reuk van 'n roos
>> Maar die rymelary van my lyk maar ietwat voos
>> So ek wend wend my blik maar eerder oos
>> Lourens
>
> Koos
> Jou doos
> So sê Lou
> Maar ook 'n koos
> Net om sowat te troos
> 'n Drama kan straks so ontvou
> Wat maak jou sorge tog so grou ?
> Om sulke dinge toe te snou
> En boks is ook doos
> Dit sal ietwat troos
> Lou dis vlou
> Jou roos
> Koos
>
> Jacobus
>
>

Koos

Vir my is jy nie 'n roos
Maar voor die dames dalk bloos
Verander ek die term
Waarvoor die rymelary skerm
Want kyk hoe trek die skrywers van 'regte' gedigte
Vreeslik lelike gesigte

So ons beter maar stop
Die net polisie hou ons dop
En dalk begin hul weer met die die gekerm
Soos 'n kat oor 'n derm
Oor Leendert en Gloudinatjie
Se menings verskilletjie

Lou
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14396 is 'n antwoord op boodskap #14336] Do, 07 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote in message
...

> Hulle het nou beide 'n kans gehad om hul saak te stel ten oënskou van almal
> en ek is seker dat almal wat regtig geinteresseerd is nou klaar besluit het
> wat hulle wil besluit oor wie. Nou is ons by die punt wat dit nie meer
> regstel is nie, maar belediging. Dit kan hulle maar gerus in privaatheid
> tussen mekaar doen.

Is dit nie bietjie voorbarig om voor te gee dat jy weet by watter "punt"
iemand anders in sy agument is nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14397 is 'n antwoord op boodskap #14336] Do, 07 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...

Kobus Pietersen wrote in message ...

Julle kan mos een van die volgende doen:
1 Stel die argument oop vir almal. Sit elk so10 punte op die tafel dat almal dit kan bespreek.
2 Bepaal 'n datum wanneer die gesprek afgehandel moet wees. Kom tot die punt waar die gepanserde voertuig deur die voordeur ry.


As jy gereed is om voorsitter te speel en parlementêre prosedure af de dwing, probeer gerus. Onthou net. Jy sal eers die ander deelnemers moet oortuig om hulle te onderwerp aan jou gesag.
Daar is ook vir jou 'n ander weg oop: Daar is nik swat jou keer om 'n gemodereerde nuusgroep op te rig nie - met jouself of enigeen anders as moderator.

Dan is jy vry om te bepaal watter berigte geplaas word en watter nie.

Maar dit sal jou loon om navraag te doen oor die verwagte lewensduur van gemodereerde nuusgroepe. Dit is nie lank nie.

Vriendelike groete, Leendert


Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14398 is 'n antwoord op boodskap #14336] Do, 07 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote in message ...
Kobus Pietersen wrote in message ...>Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote in message
>...
>>moddergooiery iewers anders
>>-Gideon

>NG nie oor Afrikaans nie?
>sakies privaat afhandel ? .
>Riglyne: stuur liewer e-pos. Maak seker van relevante nuusgroep.
Kobus

Leendert skryf
("Delete" om te verwyder. )
( kan berig verberg )

Leendert,
Ek kry sommer meer simpatie vir Glodina as ek lees wat ons vra, en wat jou antwoorde daarop is. Jy steur jou ook seker nie aan haar redenasies nie. Lyk my jy voel feite moet nie inmeng met 'n goeie storie nie. Maak jy nou volstruis met jou reaksie? Reageer op ons woorde hierbo.


Oepsie! Ek het natuurlik gereageer op die woorde in die oorspronklike berigte - en ek het natuurlik ook dieselfde bedagsame en hoflike styl gebruik. Die oorspronklike woorde was soos volg:

************ aanhaling begin ************

>> Ag nou ja ... Wat sal ek sê...Ek wil tog 'n beskeie bydrae lewer en vir
> julle ou tweetjies vra om maar julle moddergooiery iewers anders heen te
> neem.
>> -Gideon

> Ek sekondeer. Hier is my beskeie bydrae. (Gaan die NG nie oor Afrikaans
> nie?)
> Riglyne: MOETS: Plaas 'n berig slegs een keer. As dit gepas is, stuur
> liewer e-pos. Maak dubbel seker van die relevante nuusgroep. MOENIES:
> Moenie adverteer nie.
> Kan julle jul sakies nie privaat afhandel nie ? Maar dan sal die argumente
> gou opdroog, of hoe. (Nee, dit raak nie almal nie)
> Kobus

************ Aanhaling eindig **************

Maar ek antwoord ook graag op jou opsomming hierbo:

1) Nee. die nuusgroep handel nie net oor Afrikaans nie. As jy die verwysings opvolg wat reeds hier geplaas is, sou jy weet dat die NG daar is vir bydraes _oor_ Afrikaans of _in_ Afrikaans.
2) Ek verskil van jou oordeel dat ons besig is met private sake. Ek dink dat, in 'n forum waar die woord "apartheid" so kwistig gebruik word, dit besonder sinvol is om te bepaal wat ons daarmee bedoel.
3) Selfs al sou ons besig wees met sake wat net ons raak (wat baie pertinent nie hier die geval is nie - jy en Gideon is nie die enigste mense wat die NG lees nie) is jy steeds vry om dit nie te lees nie.

Julle kan mos een van die volgende doen:
1 Stel die argument oop vir almal. Sit elk so10 punte op die tafel dat almal dit kan bespreek.
2 Bepaal 'n datum wanneer die gesprek afgehandel moet wees. Kom tot die punt waar die gepanserde voertuig deur die voordeur ry.


As jy gereed is om voorsitter te speel en parlementêre prosedure af de dwing, probeer gerus. Onthou net. Jy sal eers die ander deelnemers moet oortuig om hulle te onderwerp aan jou gesag.


3 Alternatiewelik, gebruik e-pos tussen julle twee, en laat weet die uitslag vir almal oor so twee jaar. Is daar 'n rede waarom julle dit nie doen?


Hoe weet jy daar is nie ander mense wat die nuusgroep lees wat wel die twis volg nie? Uit private e-pos wat ek van vreemdelinge ontvang weet ek dat daar wel sulkes is. En dan weet ons ook dat, vir elkeen wat "die pen opneem" om so te reageer is daar baie wat dieselfde oordeel, maar wat dit nie sê nie (politieke ontleders sal jou die formules gee om die getalle te bereken).

4 As jy regtig wil argumenteer moet ons vir Cyril Ramaposa op die lyn kry. Sien jy kans?


Ek daag jou uit om Cyril op die lyn te kry. Ek sien kans.

Jy was mos self betrokke toe daar besluit is die NG se naam is ...afrikaans en nie afrikaans.politiek nie.


Die naam van 'n nuusgroep gee nie die volle doel van die nuusgroep weer nie. Die stigtingsakte doen dit wel. Gaan lees dit. Politiek is 'n volkome geldige onderwerp vir gesprek in hierdie nuusgroep en jou poging om sulke gesprekke te sensureer is nie net onregmatig nie. Dit is futiel.

Ek raai jou aan om die vreugdes van jou "Delete" -kolletjie te ontdek.

Die vriendelikste groete ooit
Kobus


Ditto, Leendert
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14399 is 'n antwoord op boodskap #14336] Do, 07 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
>> Lou,
>> My ou,
>> Sê my gou,
>> Wat doen jy nou ?
>> Jy kan my mos vertrou,
>> Ek sê nie julle het verbrou,
>> Ook nie dat die nuusgroep gaan vou,
>> Van verdere vra sal ek my egter onthou,
>> Soos 'n boerboel se byt bly jy net klou,
>> En al wat ek kry is mense wat my uitjou,
>> Al wat ek vra is lekker kossies om aan te kou,
>> Lou sê gou, anders kom bliksem ek jou : pimpel, pers asook blou.
>> Kobus
>>
>> ten minste ruil mense gedagtes uit.

> Baie goed ou Koos
> Wat natuurlik ook rym met doos
> Wat soos die Afrikaanse woord koos
> Dubbel menings vorm al word mense ook nou hoe boos
> Kan nie een van bogenoemde vergelyk met die reuk van 'n roos
> Maar die rymelary van my lyk maar ietwat voos
> So ek wend wend my blik maar eerder oos
> Lourens

Koos
Jou doos
So sê Lou
Maar ook 'n koos
Net om sowat te troos
'n Drama kan straks so ontvou
Wat maak jou sorge tog so grou ?
Om sulke dinge toe te snou
En boks is ook doos
Dit sal ietwat troos
Lou dis vlou
Jou roos
Koos

Jacobus
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14425 is 'n antwoord op boodskap #14336] Vr, 08 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> So ons beter maar stop
> Die net-polisie hou ons dop
> En dalk begin hul weer met die gekerm
> Soos 'n kat oor 'n derm
> Oor Leendert en Gloudinatjie
> Se menings-verskilletjie
>
> Lou

Lou, jy het jou roeping gemis.
Die hele tyd het ek gedink jy
kan net kerm. En mense herm.
Nou vind ek egter, jy is ook
'n digter.

Gloudina
Re: Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd [boodskap #14449 is 'n antwoord op boodskap #14336] Sa, 09 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Antowan Nothling  is tans af-lyn  Antowan Nothling
Boodskappe: 14
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink dat ons by die NG ons aan 'n kode moet bloodstel.

Ons moet nooit iemand persoonlik aanvat nie! Vat die idee aan. So sal ons
baie meer respek op mekaar kan afdwing en sodoende die goeie behou!
Vorige onderwerp: Die woord "Lekker"
Volgende onderwerp: Positiewe Houding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 14:28:23 MGT 2024