Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toeskryf
toeskryf [boodskap #143574] Wo, 25 Oktober 2023 16:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toeskryf
Afbreking: toe•skryf
Samestelling: toe + skryf


Werkwoord: skryf toe, toeskryf
Verlede tyd: het toegeskryf

Betekenis:
• Om die rede vir iets aan te dui.
• Om die oorsprong of outeurskap van iets te verskaf.

Gebruik:
• Die Weerdiens skryf die nat weer toe aan 'n kouefront wat oor die land beweeg.
• Daar is twee briewe in die Nuwe Testament wat aan Petrus toegeskryf word.

Wisselvorm:
• toeskrywe

Sinoniem:
• aanreken
• assosieer
• attribueer
• blameer
• toedig
• toereken
• toewys

Afgelei:
• toeskryfbaar

Vertaling:
Engels: to ascribe, attribute
Nederlands: toeschrijven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Portugees
Volgende onderwerp: veeartsenykundig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:54:57 MGT 2024