Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Portugees
Portugees [boodskap #143573] Wo, 25 Oktober 2023 15:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Portugees
Afbreking: Por•tu•gees
Uitspraak: /portɨˈχiə̯s/, /portəˈχiə̯s/


Selfstandige naamwoord: Portugees
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Romaanse taal, die amptelike taal van Angola, Brasilië, Guinee-Bissau, die Kaap-Verdiese Eilande, Mosambiek, Portugal en São Tomé en Príncipe.

Gebruik:
• Jammer, ek kan nie Portugees praat nie.

Vertaling:
Engels: Portuguese
Nederlands: Portugees


Selfstandige naamwoord: Portugees
Meervoud: Portugese

Betekenis:
• 'n Persoon van Portugal, of 'n persoon van Portugese afkoms.

Gebruik:
• Sy is met 'n Portugees getroud. Die Portugese is vriendelike mense.

Vertaling:
Engels: Portuguese
Nederlands: Portugees


Byvoeglike naamwoord: Portugees
Attributief: Portugese

Betekenis:
• Betreffende die land Portugal, sy mense, of die mense wat die taal Portugees praat.

Gebruik:
• Ek hou van Portugese kos.

Afkorting:
• Port.

Vertaling:
Engels: Portuguese
Nederlands: Portugees

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: raseg
Volgende onderwerp: toeskryf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:49:40 MGT 2024