Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afhanklikheid
afhanklikheid [boodskap #143564] So, 22 Oktober 2023 19:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afhanklikheid
Afbreking: af•han•klik•heid
Samestelling: afhanklik + -heid


Selfstandige naamwoord: afhanklikheid
Meervoud: afhanklikhede

Betekenis:
• Dit waarsonder 'n mens nie kan klaarkom nie; verslawend.
• Dit wat ondergeskik aan iets anders is; onderworpenheid.
• 'n Verband tussen twee dinge; verwantskap, korrelasie.

Gebruik:
• Die middel is gewoontevormend en kan afhanklikheid tot gevolg hê.
• Die ouers lei die kind vanaf algehele afhanklikheid na onafhanklike volwassenheid.
• In wiskunde druk 'n funksie 'n afhanklikheid van een element in terme van 'n ander uit.

Antoniem:
• onafhanklikheid

Hiponiem:
• dwelmafhanklikheid
• interafhanklikheid
• tydsafhanklikheid

Vertaling:
Engels: dependence
Nederlands: afhankelijkheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: strategies
Volgende onderwerp: vestiging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:01:27 MGT 2024