Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inkom
inkom [boodskap #143555] Sa, 21 Oktober 2023 07:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inkom
Afbreking: in•kom
Samestelling: in + kom


Werkwoord: kom in, inkom
Verlede tyd: het ingekom

Betekenis:
• Om 'n plek binne te gaan.
• Om ontvang of afgelewer te word.
• Om gekies te word.

Gebruik:
Kom in, ek maak tee.
• Daar het betreklik min aansoeke ingekom.
• Die beste kandidaat het ingekom.

Spreekwoord:
• As armoede by die voordeur inkom, gaan die liefde by die agterdeur uit. [Die liefde raak minder as die armoede druk.]
• Dit gaan vinniger by die agterdeur uit as wat dit by voordeur inkom. [So baie spandeer dat die uitgawes die inkomste oorskry.]

Sinoniem:
• betree
• binnekom
• binnetree
• inbars
• inbeweeg
• inloop
• instap
• intree

Antoniem:
• uitgaan

Afgelei:
• inkomeling
• inkomend
• inkomkans
• inkomplek
• inkomste
• inkomstesel

Vertaling:
Engels: to enter, come in
Nederlands: inkomen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dienspistool
Volgende onderwerp: kollektegeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:22:35 MGT 2024