Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vieslik
vieslik [boodskap #143530] Wo, 18 Oktober 2023 16:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vieslik
Afbreking: vies•lik
Samestelling: vies + -lik


Byvoeglike naamwoord: vieslik
Vergrotende trap: viesliker
Oortreffende trap: vieslikste
Attributief: vieslike
Partitief: viesliks

Betekenis:
• Wat vuil of smerig is.
• (figuurlik) Wat walglik of afstootlik is.

Gebruik:
• Jou kamer is vieslik vuil. Sies!
• Sulke vieslike grappe staan my nie aan nie.

Sinoniem:
• aaklig
• aanstootlik
• afkeuringswaardig
• afstootlik
• goor
• smerig
• vuil
• walglik
• weersinwekkend

Afgelei:
• vieslikheid

Vertaling:
Engels: filthy, dirty, loathsome
Nederlands: vies

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vorming
Volgende onderwerp: stilstand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:29:32 MGT 2024