Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Israel
Israel [boodskap #143520] Ma, 16 Oktober 2023 12:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Israel.
Kaart van Israel.
Die vlag van Israel.
Die vlag van Israel.
Israel
Afbreking: Is•ra•el


Pleknaam: Israel

Betekenis:
• Moderne Joodse staat in die Midde-Ooste, amptelik die Staat Israel, wat in 1948 gestig is.
• 'n Bybelse volk, die nakomelinge van Jakob wat later in tien stamme opgebreek het en nog later in Babiloniese ballingskap gegaan het.
• Bynaam van aartsvader Jakob ná sy worsteling by Pniël.

Gebruik:
Israel se hoofstad is Jerusalem.
• Luister na wat die Here sê, mense van Israel! [Jeremia 2:4]
• Daardie nag by Berseba het God in 'n visioen met Israel gepraat. [Genesis 46:2]

Wisselvorm:
• Israël

Afgelei:
• Israeli
• Israelies
• Israeliet
• Israelities
• Israels

Vertaling:
Engels: Israel
Nederlands: Israël

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: SAWD
Volgende onderwerp: selfverdediging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:07:38 MGT 2024