Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vingerafdruk
vingerafdruk [boodskap #143493] So, 15 Oktober 2023 08:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vingerafdrukke op 'n glas.
Vingerafdrukke op 'n glas.
vingerafdruk
Afbreking: vin•ger•af•druk
Samestelling: vinger + afdruk


Selfstandige naamwoord: vingerafdruk
Meervoud: vingerafdrukke

Betekenis:
• 'n Afdruk van die lyne op die vingerpunte, waaraan iemand geïdentifiseer kan word.
• (figuurlik) Iets wat uniek aan iets of iemand is.

Gebruik:
• Die polisie het die verdagte se vingerafdrukke geneem.
• 'n Vuurwapen kan forensies getoets word vir die vingerafdruk wat dit op 'n koeël agterlaat.

Sinoniem:
• vingermerk

Hiponiem:
• duimafdruk

Vertaling:
Engels: fingerprint
Nederlands: vingerafdruk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ooginstituut
Volgende onderwerp: lykshuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:27:59 MGT 2024