Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » terugval
terugval [boodskap #143471] Do, 12 Oktober 2023 09:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugval
Afbreking: te•rug•val
Samestelling: terug + val


Werkwoord: val terug, terugval
Verlede tyd: het teruggeval

Betekenis:
• Om na 'n vorige posisie te beweeg; terugsak; terugwyk.
• Om agteroor te val.

Gebruik:
• As jy 'n klip in die lug opgooi sal dit terugval.
• Die vrou het teruggeval en haar kop gestamp.

Afgelei:
• terugvaller
• terugvalling

Vertaling:
Engels: to drop back
Nederlands: terugvallen


Selfstandige naamwoord: terugval
Meervoud: terugvalle

Betekenis:
• Die verslegting van 'n situasie ná 'n aanvanklike verbetering.

Gebruik:
• Die siek man het 'n terugval beleef.

Sinoniem:
• agteruitgang
• regressie
• terugslag

Vertaling:
Engels: relapse, downturn, decline, downfall
Nederlands: terugval

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: miskyk
Volgende onderwerp: koekroller
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:31:17 MGT 2024