Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spaarsaam
spaarsaam [boodskap #143468] Do, 12 Oktober 2023 08:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spaarsaam
Afbreking: spaar•saam
Samestelling: spaar + -saam


Byvoeglike naamwoord: spaarsaam
Vergrotende trap: spaarsamer
Oortreffende trap: spaarsaamste
Attributief: spaarsame

Betekenis:
• Versigtig sodat daar nie verspil of vermors word nie.
• Baie klein of baie min.

Gebruik:
• Inwoners is gevra om water spaarsaam te gebruik en nie tuine nat te spuit of swembaddens vol te maak nie.
• Die gras word spaarsamer soos ons in die woestyn inloop.

Sinoniem:
• ekonomies
• karig
• spaarsamig
• suinig
• vrekkerig

Afgelei:
• spaarsaamheid

Vertaling:
Engels: economical, sparing, frugal, thrifty
Nederlands: spaarzaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toevoer
Volgende onderwerp: staatsdepartement
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:33:19 MGT 2024