Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bloedig
bloedig [boodskap #143459] Wo, 11 Oktober 2023 15:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bloedig
Afbreking: bloe•dig
Samestelling: bloed + -ig


Byvoeglike naamwoord: bloedig
Vergrotende trap: bloediger
Oortreffende trap: bloedigste
Attributief: bloedige
Partitief: bloedigs

Betekenis:
• Met baie bloed; waarby baie bloed vloei.
• Buitengewoon warm; snikheet.
• In 'n hoë mate; baie erg.

Gebruik:
• Die oorlog was wreed en bloedig gewees.
• Dit was 'n bloedige warm dag.
• Ek het my bloedig vererg.

Sinoniem:
• bebloed
• bloedbelope
• geweldadig
• wreed

Hiponiem:
• dikbloedig
• koelbloedig
• koudbloedig
• onbloedig
• volbloedig
• warmbloedig
• witbloedig

Vertaling:
Engels: bloody, sanguinary; blazing; furiously
Nederlands: bloedig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: noodweer
Volgende onderwerp: seisoenaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:37:39 MGT 2024