Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » langtermyn
langtermyn [boodskap #143448] Ma, 09 Oktober 2023 16:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
langtermyn
Afbreking: lang•ter•myn
Samestelling: lang + termyn


Selfstandige naamwoord: langtermyn
Meervoud: langtermyne

Betekenis:
• 'n Lang periode van etlike jare.

Gebruik:
• Ongesonde gewoontes kan oor die langtermyn tot allerhande siektes en kwale lei.

Antoniem:
• korttermyn

Afgelei:
• langtermynbelegging
• langtermynbeplanning
• langtermynbesluit
• langtermyngevangenisstraf
• langtermynhuurkontrak
• langtermynkomplikasie
• langtermynkoste
• langtermynlening
• langtermynoogmerk
• langtermynoplossing
• langtermynplan
• langtermynprestasie
• langtermynproduksiekoste
• langtermynprogram
• langtermynsiekte
• langtermyntendens
• langtermynverbondenheid
• langtermynvisie

Vertaling:
Engels: long-term
Nederlands: langetermijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sportklub
Volgende onderwerp: dekmantel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:53:41 MGT 2024