Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verwyl
verwyl [boodskap #143438] So, 08 Oktober 2023 20:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwyl
Afbreking: ver•wyl
Samestelling: ver- + wyl


Werkwoord: verwyl
Verlede tyd: het verwyl

Betekenis:
• Om tyd te spandeer.
• Om te bly of te vertoef.

Gebruik:
• Waarop verwyl jy jou vrye tyd?
Verwyl gerus langer, ons het nog baie om oor te gesels.

Sinoniem:
• bly
• draal
• sloer
• spandeer
• stilstaan
• talm
• vertoef

Afgelei:
• onverwyld

Vertaling:
Engels: to linger, stay
Nederlands: verwijlen


Selfstandige naamwoord: verwyl
Meervoud:

Betekenis:
• In die uitdrukking "sonder verwyl", dadelik of onmiddellik.

Gebruik:
• Misdaad moet sonder verwyl by die polisie aangemeld word.

Vertaling:
Engels: delay
Nederlands: verwijl

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onverwyld
Volgende onderwerp: stedeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:47:55 MGT 2024